Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Só styg die brandstofpryse Woensdag

Van Woensdag af tree die langverwagte styging in brandstofpryse in werking, en daar is goeie en slegte nuus vir motoriste.

Ondanks die stywe verhoging, wat beteken dat binnelandse gebruikers weer meer as R14 per liter vir petrol moet opdok, is die verhoogde prys steeds minder as die allerhoogste vlak van R14,76 per liter in Desember.

Hoewel dié styging seermaak, sê die Automobiel-assosiasie (AA), kan Moody’s Investors Service se besluit om die staatskuld nié tot rommelstatus af te gradeer nie in die maande vorentoe ’n klein bietjie verligting bring.

“Ons hoop die groter politieke en ekonomiese stabiliteit sal tot ’n meer stabiele vooruitsig vir brandstofpryse oorspoel.”

Die skerp April-styging is veral aan die jaarlikse verhogings in die Padongelukkefondsheffing (30c hoër) en die algemene brandstofheffing (22c hoër) te wyte.

Die nasionale energiereguleerder (Nersa) het ook ’n tariefverhoging van 6,57c per liter aan Transnet toegestaan waarvan ’n gedeelte aan verbruikers deurgegee word.

Die pypleidingstarief word deur brandstofmaatskappye aan Transnet betaal in ruil daarvoor dat hulle brandstof van die Durbanse hawe en die Durbanse raffinaderye vervoer na Gauteng, waar die meeste van Suid-Afrika se brandstof verbruik word, en van waar brandstof na die res van die binneland versprei word.

Die brandstofmaatskappye gee die koste deur aan motoriste via die gereguleerde brandstofprysstruktuur.

Hiervolgens is daar ’n vervoerdifferensiaal op die brandstofprys wat wissel na gelang van hoe ver verskillende streke van die naaste hawe is.

  • Van Woensdag af styg die prys van 95-oktaan-petrol in Gauteng met 72c per liter tot R14,48, terwyl dieselfde brandstof aan die kus R13,89 per liter kos.
  • 93-oktaan-petrol styg in Gauteng met 69c per liter tot R14,23 en aan die kus met 59c per liter tot R13,72;
  • Diesel (albei grade): Die groothandelprys styg in die binneland met 62,5c per liter en aan die kus met 55,1c per liter;
  • Paraffien: Dit word landwyd op kleinhandelsvlak 6c per liter goedkoper; en
  • Gas: Dit word landwyd 39c per kilogram duurder.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.