Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Só wil Eskom, Gauteng kragprobleme oplos

Die Gautengse provinsiale regering en Eskom het ingestem om gesamentlik stappe te neem om die probleme op te los met die voortdurende kragonderbrekings wat in die provinsies voorkom.

Eskom se eie hoofkantoor loop ook onder beurtkrag deur. Foto: Verskaf

Die provinsiale regering, gelei deur Eric Mxolisi Xayiya, die premier se adviseur oor dienslewering en politieke bestuur, het Eskom se topbestuur 16 Julie ontmoet om die herhaalde probleme met toerusting in sekere gebiede in Gauteng te bespreek.

Volgens Eskom is daar meer onwettige verbindings aan die netwerk wat daartoe lei dat die stelsel oorlaai word en dit lei dikwels tot transformators en mini-substasies wat breek.

Die probleme word ook veroorsaak deur mense wat aan elektrisiteitsmeters peuter, die diefstal van elektrisiteit en vandalisme aan infrastruktuur.

Die toename in toerusting wat breek het ’n wesenlike negatiewe uitwerking op bedrywighede, die finansies en die veiligheid van personeel van Eskom, lui ’n verklaring van die kragverskaffer.

Die Gautengse regering en Eskom erken dat verbruikers wat steeds elektrisiteit betaal, nie kan ly as gevolg van die optrede van diegene wat nie betaal nie.

“Die voortgesette situasie met mense wat nie betaal vir elektrisiteit nie en die onwettige verbindings beskadig die ekonomie van die provinsie en die land.”

Pogings deur Eskom om die kragtoevoer te herstel na gebiede wat herhaalde probleme ervaar weens onwettige verbindings en die gepeuter aan meters word belemmer deur die gewelddadige teenstand wat die gemeenskappe in die areas bied.

“Eskom se tegnici word dikwels gekeer om die gebiede te besoek om oudits uit te voer en die nodige herstelwerk aan beskadigde toerusting aan te bring.”

Die Gautengse regering sal die wetstoepassers se bystand kry om te verseker dat Eskom elektrisiteit na klante herstel wat betaal.

“Die polisie sal ferm optree teen enige persoon wat Eskom verhinder om sy werk te doen. Eskom sal oudits uitvoer en onwettige verbindings verwyder, meters wat omseil is herstel en boetes uitreik aan dié wat aan meters peuter.”

Die regering van Gauteng en Eskom sal voortgaan om die raadslede en belangegroepe in die geaffekteerde gebiede te skakel om alle sake ten opsigte van kragverskaffing te hanteer, lui die verklaring.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Vandalisme  |  Kragonderbrekings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.