Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Só wil windkrag groter bydrae tot SA lewer

Die windkragbedryf het hom verbind tot groter transformasie met die uitreiking van ’n soort handves om in die volgende 20 jaar meer tot maatskaplik-ekonomiese transformasie by te dra.

’n Foto wat geneem is toe een van die windturbines op die Jeffreysbaai-windplaas in die Oos-Kaap opgerig is.

Die verklaring van die bedryf se verbintenis is Donderdag amptelik op die jaarlikse Windaba-konferensie aan Thabane Zulu, direkteur-generaal van energie, oorhandig.

Daar is nie spesifieke teikens in die verklaring nie.

Hein Reyneke, uitvoerende hoof van Mainstream Renewables Suid-Afrika, een van die groot windplaasontwikkelaars in die land, sê die departement van energie se groenkragprogram het reeds streng teikens vir bemagtiging en plaaslike inhoud in sy bodvereistes en die bedryf weet dié teikens sal in die toekoms verhoog word. Die hoofdoel van die nuwe dokument is om die regte kultuur te skep, sê Reyneke.

Hiervolgens verbind die bedryf hom tot transformasie wat vyf aspekte betref:

  • Bestuur en indiensneming: Die bedryf beloof om gesonde indiensnemingsbeleid en -praktyk te volg, ’n veilige en etiese werkplekkultuur te vestig en bedryfsrelevante vaardighede en geleenthede vir die jeug en vroue te ontwikkel.
  • Waardeketting: Die bedryf wil opkomende ondernemings in landelike gebiede help om hoëprestasie-ondernemings te word.
  • Plaaslike gemeenskapsontwikkeling: Deur kontraktuele sowel as vrywillige bydraes tot plaaslike ekonomiese ontwikkeling.
  • Toegang tot finansiering: Die bedryf wil opkomende entrepreneurs help om toegang tot finansiering te kry.
  • Eienaarskap: Die bedryf wil saam met die regering en ander belanghebbendes werk aan ’n beleidsraamwerk om die beste moontlike uitslag vir eienaarskap te behaal.

Die windkragbedryf het in die eerste drie bodrondes van die departement van energie se groenkragprogram meer as R1 miljard vir plaaslike gemeenskapsontwikkeling gegenereer, sê Toni Beukes, bestuurder van die Deense windturbinevervaardiger Vestas in Suider-Afrika.

Lukhanyo Ndube, uitvoerende hoof van die Kouga-windplaas, sê die verklaring is ’n gespreksdokument en dit sal namate die gesprek vorder mettertyd verbeter.

Meer oor:  Mainstream Renewables Suid-Afrika  |  Windaba  |  Hein Reyneke  |  Windkrag  |  Groenkrag  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.