Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Solidariteit kan hof toe oor pensioenplan vir Eskom

Solidariteit oorweeg regsaksie om werkers se pensioene te beskerm. Die vakbond sal pogings om staatsondernemings met werkers se pensioengeld te finansier, sterk teenstaan.

Connie Mulder, hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut.

Só waarsku Connie Mulder, hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut.

Hy het gereageer op die vakverbond Cosatu se voorgestelde plan om Eskom uit sy skuldkrisis te red. Cosatu stel hoër belasting en die gebruik van die staats- asook private pensioenfondse se bates – as deel van die ANC se voorgestelde beleid oor voorgeskrewe bates – voor om Eskom te help met sy skuldlas van meer as R450 miljard.

Volgens Cosatu kan R254 miljard van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die staatspensioenfonds (GEPF) se bates bestuur, gebruik word om die helfte van Eskom se skuld te delg.

Cosatu se voorwaardes vir so ’n reddingsboei is dat Eskom nie geprivatiseer word nie, dat daar geen werkverliese moet wees nie en dat die staat die voortou moet neem met hernubare energie.

Die DA het ook vroeër sterk te velde getrek teen Cosatu se plan, en gemeen dis misleidend vir Cosatu om daarop aanspraak te maak om vir werkersregte te veg terwyl hy voorstel dat werkers se aftreegeld gebruik word om wanbestuur by staatsondernemings te beloon.

Mulder het daarop gewys die Wet op Pensioenfondse en die reëls van die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor bepaal dat die trustees van pensioenfondse alle redelike stappe moet doen om die belange van lede te beskerm.

“Elke pensioenfonds is ’n leeftyd se bydraes deur ’n werker. Dit is absurd roekeloos om hierdie geld te wil gebruik om die gate toe te stop wat deur die regering se korrupsie en wanbestuur veroorsaak is. Eskom se pensioenfondstrustees het ’n fidusiêre plig teenoor die werkers en nie teenoor die regering nie,” sê Mulder.

Cosatu se plan kom te midde van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika wat R3,5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gegee het.

Adamus Stemmet, woordvoerder van AMAGP, ’n ledegroep wat die GEPF monitor, meen hy vermoed dié geld vir die SAL kom eintlik van die OBK.

Die OBK is al voorheen gebruik om oorbruggingsfinansiering van R5 miljard aan Eskom te verskaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.