Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Solidariteit staak op sy manier - met ’n braai

Wat is ’n staking nou sonder ’n braai?

Dr. Dirk Hermann (met die blou baadjie), bestuurshoof van Solidariteit, saam met lede van die vakbond waar hulle vroegdag al die vure aangesteek het om te braai . . . al staak hulle voor Sasol se aanleg in Secunda. Foto: Twitter

Die vakbond Solidariteit voel sterk oor sy protes teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema wat eksklusief vir swart mense is en wit mense en buitelanders uitsluit, maar hy voel ook sterk oor braaivleis.

Lede van die vakbond het Donderdag die vure reeds dou voor dag aan die brand gehad.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê reguit op Twitter: “Wat is ’n staking sonder ’n braai? Ons staak op ons manier.”

Lede van Solidariteit het Maandag met ’n sloerstaking begin en het Donderdag die tuig heeltemal neergelê.

Hulle het vroegdag die verkeer in Secunda ontwrig om die gemeenskap bewus te maak van hul protes.

Lede van die vakbond het ook Woensdag die vleisbraaivure in Sasolburg aangesteek toe hulle dáár ’n memorandum aan die bestuur van Sasol oorhandig het.

Wors word by Solidariteit se staking in Secunda gebraai. Foto: Twitter


Meer oor:  Sasol  |  Dirk Hermann  |  Solidariteit  |  Bemagtigingskema  |  Khanyisa  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.