Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Staal jou: Olieprys klim weer hoër

As tendense voortgaan, sal die petrolprys in Augustus vir die derde maand agtereenvolgens styg.

Die olieprys styg opnuut, en Suid-Afrikaners word waarskynlik weer eens deur ’n styging in die prys van petrol in die gesig gestaar. Foto: Getty Images

Ná maande se gesloer is die olieprys besig om weens die hoër vraag na brandstof uit veral China asook tariefverhogings in Saoedi-Arabië skerper te styg.

Die Arabiese koninkryk het die naweek sy pryse aan Asië met $1 per vat verhoog soos wat die meeste ekonomieë in dié streek se inperkings verslap.

Soos ekonomieë toenemend heropen en die vraag na brandstof dus herstel, is die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) gretig om weer hoër pryse te kry.

As gevolg van die nuus uit Saoedi-Arabië het Brent-ruolie Maandag met meer as 1% tot $43,28 per vat gestyg.

Dit is die hoogste pryse sedert Maart toe ekonomieë die wêreld oor weens die Covid-19-pandemie gesluit het.

Bloomberg berig dat die oorlog in Libië, ’n groot olie-uitvoerder, ook tot die stygende olieprys bydra. Dit is omdat rebellegroepe die verskeping van die olie keer.

Aandeel- en hulpbronpryse styg in die algemeen op die oomblik skerp.

“Ondanks die vinnige toename in nuwe gevalle van Covid-19 wêreldwyd, lyk dit asof finansiële markte en kommoditeitsmarkte immuun teen die nuus is,” sê Eugen Weinberg, hoof van kommoditeitsnavorsing by Commerzbank aan Bloomberg.

Die Sentrale Energiefonds se daaglikse verslag oor die oor- of onderverhaling op brandstof in Suid-Afrika toon ’n gemiddelde onderverhaling van 77c per liter op 95-oktaan-petrol. Op diesel met ’n swaelinhoud van 0,005% is die gemiddelde onderverhaling R1,10 per liter.

Dit is ten spyte daarvan dat die rand die afgelope week heelwat teenoor die dollar versterk het.

Die ganse onderverhaling, dus moontlike styging, is weens die styging in oliepryse in die tydperk.

Maar die CEF se data is nog beperk tot die bewegings in die olieprys van verlede week. Teen Dinsdag sal die uitwerking van Saoedi-Arabië se prysstygings eers op Suid-Afrika se onderverhalings begin reflekteer.

Dis ook nog maar net die syfers vir die eerste week van ’n vyfweek-oorsigmaand voordat Augustus se brandstofpryse vasgestel word.

Meer oor:  Olieprys  |  Olie  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brent-Ruolie  |  Diesel  |  Koronavirus (Covid-19)  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.