Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Staat het 'geen keuse' om Eskom verder te help

Die regering gaan sy finansiële hulp aan Eskom verhoog, het Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, gesê.

“Dit is ’n besluit wat ons moet finaliseer, maar ons weet ons het nie ’n keuse nie,” het hy gesê in ’n onderhoud wat met hom gevoer is tydens die vergadering van die G20 se finansiële ministers en hoofde van sentrale banke in Fukuoka, Japan.

Volgens hom is dit nou net ’n kwessie van “hoeveel en wanneer”.

Links is Dondo Mogajane, direkteur-generaal van nasionale tesourie, langs Christine Lagarde, hoof van die IMF. Regs van haar is Takehiko Nakao, president van die Asië Ontwikkelingsbank. Voor haar links is Taro Aso, minister van finansies van Japan, en regs van hom Ahmed Alkholifey, Saoedië- Arabië se monetêre owerheid, met afloop van die byeenkoms van G20-lande se minister van finansies en hoofde van sentrale banke, wat die naweek in Japan plaasgevind het. Foto: Reuters

Eskom het meer as R450 miljard skuld. Daarvan word sowat R350 miljard deur die staat gewaarborg.

Volgens Mogajane gaan die regering in die komende weke bekend maak watter tipe ondersteuning gegee gaan word en wanneer en watter mylpale deur Eskom bereik moet word.

Hy het gesê die regering gaan in ruil daarvoor verandering van Eskom benodig.

“Dit is belastinggeld wat vir ander dinge bedoel is wat gebruik gaan word,” het hy gesê.

Hoewel verdere ondersteuning druk gaan plaas op Suid-Afrika se fiskale balans, het Mogajane gesê die kredietgraderingsagentskappe het dit reeds in hul graderings in ag geneem. – Bloomberg

Meer oor:  Nasionale Tesourie  |  Eskom  |  Staatshulp  |  Skuld  |  Reddingsboei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.