Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Staat maak geen beloftes oor pensioene vir Eskom
Eskom se hoofkantoor in Sunninghill, Johannesburg. Foto: Bloomberg

Dit lyk nie of staatspensioene meer deel vorm van ’n plan om Eskom se skuld te delg nie.

Bloomberg berig dat daar geen vaste onderneming in ’n ooreenkoms tussen die regering, vakbonde en sakeondernemings is, om geld van staatspensioene óf geld van private pensioene te gebruik om Eskom se skuld te verminder nie.

Eskom se skuld beloop tans sowat R450 miljard.

Dié ooreenkoms gaan glo op die volgende vergadering van die president se werkraad onderteken word.

Cas Coovadia, uitvoerende hoof van Business Unity South Africa (Busa), het dié inligting in ’n onderhoud met Bloomberg gedeel.

Staatsamptenare se pensioengeld word deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) bestuur.

Die OBK het bates ter waarde van sowat R2 100 miljard onder bestuur.

Die vakverbond Cosatu het in Desember voorgestel dat die OBK en/of die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika genader moet word om geld te kry vir skuldverligting aan Eskom.

In Julie het Bloomberg berig dat die OBK glo steeds ’n ooreenkoms oorweeg het om Eskom se skuld van R70 miljard in ekwiteit om te skakel.

Die OBK hou 20% van al Eskom se effekte en is dus die grootse houer van Eskom-skuld.

LEES OOK: OBK oorweeg glo steeds Eskom-plan

“Ons het net gesê alle moontlike openbare en private finansiële steun moet gemobiliseer word om Eskom se skuld te verminder,” sê Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu.

’n Datum is nog nie vasgestel vir die vergadering waarop die ooreenkoms onderteken moet word nie. Dit sou op 3 Augustus plaasgevind het, maar is uitgestel.

Cosatu se aanvanklike voorstel wek kommer dat pensioenfondse gedwing kan word om in Eskom te belê deur die gebruik van sogenaamde voorgeskrewe bates. Sakeleiers, waaronder Coovadia, het gesê hoewel private beleggers bereid is om in staatsondernemings en infrastruktuur te belê, wil hulle nie gedwing of voorgeskryf word om dit te doen nie, en moet hulle ’n aanvaarbare opbrengs op hul belegging verdien.

Meer oor:  Openbare Beleggingskorporasie  |  Obk  |  Busa  |  Eskom  |  Cas Coovadia  |  Elektrisiteit  |  Skuld  |  Krag  |  Voorgeskrewe Bates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.