Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Staking dreig by Eskom weens loondispuut

’n Grootskaalse staking by Eskom blyk onvermydelik te wees nadat die nutsmaatskappy Woensdag ’n amptelike dispuut verklaar het in die loononderhandelinge met vakbonde.

Te midde van beurtkrag is daar ook die risiko dat Eskom-werknemers gaan staak. Foto: Bloomberg

Eskom sê die loononderhandelinge het ’n dooiepunt bereik, slegs een dag voordat die onderhandelinge veronderstel was om te eindig.

Hy het nou amptelik by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ’n dispuut verklaar wat hopelik die weg sal baan vir ’n fasiliteringsproses voordat vakbonde probeer om ’n stakingsertifikaat te bekom.

Onderhandelinge is al sedert vroeg in Mei aan die gang, maar Eskom het reeds twee weke gelede sy finale aanbod aan vakbonde gemaak en weier om dit te wysig.

Eskom bied tans ’n 1,5%-verhoging aan, met die voorwaarde dat ander voordele van werknemers beperk word in die proses.

Die drie vakbonde betrokke in die onderhandelinge, die NUM, Numsa en Solidariteit, eis onderskeidelik 10%, 12% en 9,5%.

Die NUM, wat die meerderheid van Eskom-werkers verteenwoordig, met 14 000 lede by die nutsmaatskappy, het Woensdag sy eis van 15% tot 10% verlaag in ’n poging om Eskom te kry om sy “finale aanbod” aan te pas.

Numsa het op sy beurt ook sy eis van 15% tot 12% verlaag.

Albei vakbonde se eise vir verhogings van voordele soos behuisingstoelae en ander kom steeds neer op ’n verhoging van sowat 15%, volgens Eskom.

Solidariteit is die enigste vakbond wat nie sy eis aangepas het nie, en hou vol sy lede, wat meestal in bestuursposte is, is geregtig op 9,5%.

Maar Eskom hou vol 1,5% is al wat hy kan bekostig aangesien hy steeds afhanklik bly van reddingsboeie van die staat om solvent te bly.

In ’n vergadering van die staande komitee oor bewilligings Dinsdag het die komitee gesê Eskom kort in 2021 sowat R1 miljard per week van die staat om aan die gang te bly.

Dit kom neer op R1 653,43 per sekonde in belastinggeld wat die nutsmaatskappy opvreet.

Meer oor:  Eskom  |  Loononderhandelinge  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.