Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Steenkool is betaal, maar nooit afgelewer
Sindi Mabaso-Koyana, direkteur en hoof van Eskom se oudit- en risikokomitee, Phakamani Hadebe, waarnemende uitvoerende hoof, en Calib Cassim, waarnemende finansiële hoof.

Die Gupta-beheerde Tegeta se Optimum-myn het in Augustus 2017 gevra Eskom moet 37 000 ton steenkool op sy boeke skryf wat Tegeta in September sou lewer, maar die steenkool is nooit gelewer nie, hoewel Eskom R7 miljoen daarvoor betaal het.

So het Willie Majola, hoof van transmissie by Eskom, Woensdag in die parlement bekend gemaak.

Hy het aan die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê ’n forensiese ondersoek word gedoen, want die betaling is nie ingevolge die korrekte prosedures gedoen nie.

Die steenkool moes aan die Hendrina-steenkoolkragstasie gelewer gewees het.

Tegeta is tans in sakeredding, soos verskeie ander firmas in die Gupta-stal.

Majola het oor parlementslede se vrae oor die staatsmynfirma African Exploration gesê die myn stel wel belang om moontlik Tegeta se mynbedrywighede oor te neem. Hulle is in gesprek met Eskom en die sakereddingspraktisyns daaroor.

Eskom se aansoek vir terugwerkende inkomste

Calib Cassim, waarnemende finansiële hoof van Eskom, het oor Eskom se huidige aansoek vir meer as R66 miljard se terugwerkende inkomste gesê Eskom besef die tariefverhoging wat hy soek, sal ’n impak op die ekonomie hê en daarom besef hy dit sal oor ’n aantal jare ingefaseer moet word eerder dat dit op een slag gehef word.

Die sowat R1,3 miljard wat Eskom in sy 2017-jaarstate gelys het as verlore weens misdaad spruit uit kragdiefstal, het Cassim bevestig.

Cassim sê die volgende 12 maande gaan moeilik wees wat kontantvloei betref, en Eskom sal R72 miljard se kapitaal vir die boekjaar moet insamel. Eskom hou die nasionale tesourie en die departement van openbare ondernemings weekliks op hoogte van sy geldsake.

Hy meen Eskom sal nie in dié tydperk weer by die staat vir geld hoef te vra nie, want die binnelandse finansiële markte is weer bereid om aan Eskom geld te leen.

Phakamani Hadebe, waarnemende hoof van Eskom, sê die finansiers wat bereid is om in steenkool te belê, raak al hoe minder. Dit is bepalend vir die toekoms van energie in Suid-Afrika.

Meer oor:  Optimum  |  Tegeta  |  Guptas  |  Calib Cassim  |  Steenkool  |  Energie  |  Groenkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.