Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Steenkool kraai steeds koning in SA kragplan

Steenkool is steeds ’n groot deel van Suid-Afrika se energietoekoms, het Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, Vrydag gesê – tot afgryse van omgewingsaktiviste.

BERHEIM, GERMANY - NOVEMBER 13: Steam rises from t
Hernubare energie bied nog nie ’n oplossing vir basiskrag nie. Foto: Getty Images

Hy het met die bekendstelling van die geïntegreerde hulpbronplan (IRP2019) wel gesê internasionale beleggers moet kom belê in skoon steenkooltegnologie.

Kritiek stroom egter reeds in teen die plan, met Wido Schnabel, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Vereniging (Sapvia) wat sonkrag-ontwikkelaars verteenwoordig, wat sê die plan se onderbreking van jaarlikse kwotas vir sonkrag gaan nie internasionale beleggers lok om fabrieke vir sonpanele in Suid-Afrika te hervat nie. 

Die plan beoog 1 000  MW se nuwe sonkrag per jaar vanaf 2022 tot 2030, behalwe in 2024, 2026 en 2027, waarvoor geen nuwe sonkrag beplan word nie. Schnabel sê sulke gapings gaan nie beleggers oortuig om fabrieke te bou nie.

Kevin Mileham, DA-woordvoerder oor energie, het die IRP2019 verwelkom, maar vir ’n onmiddellike hersiening gevra. Hy sê dis reeds uitgedien omdat dit op verouderde syfers gegrond is. Die vorige IRP is in 2010 opgestel en die jongste een se konsepweergawe spruit al vanaf 2016 - drie jaar gelede.

Kernkrag

Daar is ook nuwe kernkrag in die IRP2019, maar nie voor 2030 nie, en op ’n kleiner, modulêre skaal wat gebou sal word soos wat dit bekostigbaar is, het Mantashe gesê.

Daar moet solank beplan word aan 2 500 MW se nuwe kernkrag ingeval die ooreenkoms om 2 500 MW se hidroëlektrisiteit van die Demokratiese Republiek van die Kongo deur die mat val, blyk uit die IRP2019-dokument wat Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is.

Die Koeberg-kernkragstasie se leeftyd gaan verleng word vanaf 2024 tot 2044, het Mantashe aangekondig.

Oor groenkrag het hy gesê hernieubare energie het nie ’n antwoord vir basiskrag nie, en daarom sal in die batterysektor belê moet word. Suid-Afrika is ryk aan minerale soos vanadium, platinum, palladium, nikkel, mangaan, koper, kobalt en seldsame aardminerale wat in batterytegnologie en brandstofselle gebruik word.

Die volgende nuwe kragopwekkingsvermoë sal teen 2030 gebou word: 

  • 1500 MW se nuwe steenkoolkrag
  • 2 500 MW se hidroëlektrisiteit (gekoop van Grand Inga in die Demokratiese Republiek van die Kongo)
  •  6 000 MW se fotovoltaïese sonkrag 
  • 14 400 MW se windkrag 
  • 2?088 MW se opgebergde krag 
  • 3 000 MW se gaskragstasies

Die IRP maak voorsiening vir verspreide kragopwekking vir eie gebruik, en dit doen dus weg met ministeriële vasstellings vir klein kragopwekkingsprojekte van meer as 1 MW vir eie gebruik. Dit sal ruimte skep vir beleggings in klein projekte soos biomassa, biogas, medekragopwekking of stortingsterrein-gas.

Steenkool se bydra tot kragopwekking in Suid-Afrika sal wel afneem namate Eskom ou kragstasies sluit, maar hy sal teen 2030 steeds 59% van die totale kragvraag lewer, kernkrag sal 5% lewer, hidroëlektrisiteit 8%, sonkrag 6%, windkrag 18%, en gas en opberging 2%. 

Thabane Zulu, direkteur-generaal van energie, het gesê beleggers gaan genooi word om voorstelle in te dien vir nuwe kragprojekte wat baie vinnig en teen ’n billike koste gebou kan word. Dit kom te midde van Eskom se onvermoë om genoeg krag te lewer.

Meer oor:  Nersa  |  Eskom  |  Gwede Mantashe  |  Landbou  |  Elektrisiteit  |  Steenkool  |  Beurtkrag  |  Kernkrag  |  Onafhanklike Kragprodusente  |  Boere  |  Irp2019  |  Krag  |  Sonkrag  |  Windkrag  |  Groenkrag  |  Ipp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.