Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Steenkool-verbruik warm wyl VSA vries
'n Koue front het sneeu vir die noorde van die VSA beteken., soos hier in Boston waar meer as twee voet se seeu reeds teen die begin van die week geval het. Foto: Facebook

Die koue Noordpoolwinde wat die noorde van die VSA vandeesweek in ’n groot vrieskas omskep het, is goeie nuus vir olie en steenkool.

Aanlegte in een van die koudste state, New England, het Donderdag die meeste olie in drie jaar gebruik om krag op te wek vir die verwarming van huise.

In ’n gebied wat strek van Illinois tot by Washington D.C. het steenkool weereens aardgas verbygesteek as die vernaamste brandstof vir kragopwekking.

Die aanvraag in dié deel van die land het sesvoudig toegeneem.

Dié toedrag van sake is ’n tydelike ommekeer van die breër transformasie wat op die oomblik in die VSA se mark vir kragbronne plaasvind.

Die groot styging in die gebruik van skaliegas in dié land het reuse-hoeveelhede goedkoop aardgas beskikbaar gestel. Dié energiebron het toe die VSA se grootste bron van kragopwekking geword.

Maar vandeesweek se groot koue het die prys van gas skerp laat styg in die oostelike deel van die land en nou gebruik kragstasies die kans om goedkoper olie en steenkool te brand.

“Heel waarskynlik is die gaspryse te hoog,” sê Tai Liu, ’n ontleder by Bloomberg New Energy Finance.

“Teen ’n prys van $18 per miljoen Britse termiese eenhede (Btu, die bedryfsmeeteenheid vir gas-energie in die VSA) sal ek eerder my steenkoolkrag-eenhede in bedryf stel as ek tussen die twee bronne moet kies,” sê Liu.

By een kragopwekkingsentrum in New England het die gasprys tot meer as $35 per Btu opgeskiet terwyl gaspryse op die New Yorkse termynmark die grootste lopie in twee maande beleef het.

Die groter gebruik van steenkool kan ook gewig verleen aan die Trump-administrasie se veldtog om groter finansiering aan steenkool- en kernkragopwekkers te verskaf.

Die VSA se sekretaris van energie, Rick Perry, wil hê dié bedrywe moet vergoeding kry vir die wyse waarop hulle in buitengewoon koue weer help dat kragnetwerke die aanvraag kan hanteer. In 2014, toe ’n erge kouefront die land getref het, het aanlegte wat op aardgas staatmaak, onderbrekings ondervind omdat pypleidings gevries het.

Tot dusver is daar geen van hierdie probleme tydens die huidige kouefront in die land ondervind nie.

Die VSA se nasionale weerdiens waarsku “gevaarlike koue temperature” en sterk wind sal steeds die noordelike dele van die land oor die naweek teister.

Die kwik in Boston in die noordooste van die land sal na verwagting tot minus 17 grade Celsius daal.

Trump het mense in hierdie deel van die land gewaarsku om warm klere en komberse byderhand te hou omdat die gebied een van die koudste Oujaarsaande in jare gaan beleef.

Trump, wat vroeër sy land aan die Paryse klimaatsverdrag onttrek het, het ook gesê: “Miskien kan ons ’n bietjie van daardie goeie ou aardverwarming gebruik waarteen ons onsself moes beskerm teen ’n koste van triljoene dollar.” – Bloomberg

Meer oor:  Trump  |  Donald  |  Vsa  |  Aardgas  |  Steenkool  |  Klimaatsverandering  |  Olie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.