Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Straler-brandstof nou so goedkoop skepe gebruik dit

Brandstof vir passasiersvliegtuie is normaalweg een van die duurste olieprodukte, maar weens die skerp daling in die vraag daarna, word dit nou met ander, goedkoper soorte brandstof gemeng vir skeepvaart.

Kerosine, wat gewoonlik tot vliegtuigbrandstof verwerk word, word nou gebruik om ’n brandolie met ’n baie lae swaelinhoud te skep vir skepe noudat vliegtuie nie regtig rondvlieg nie.

Groot hoeveelhede diesel en ander gasolies word ook nou tot brandstof vir skepe verwerk.

Dié skuif was bykans ondenkbaar ’n jaar gelede juis omdat vliegtuigbrandstof so duur is om te vervaardig.

Die International Air Transport Association glo ook nie dat lugverkeer gaan terugkeer tot die vlakke voor die koronaviruspandemie voor minstens 2024 nie.

“Die enigste situasie waar die duur komponente vir vliegtuigbrandstof eerder op skeepvaart gebruik word, is wanneer die ekonomie heeltemal aan skerwe is,” sê Eugene Lindell, senior ontleder en konsultant by JBC Energy.

Skepe het begin om groot hoeveelhede brandstof te gebruik wat oorspronklik vir vliegtuie bestem was. Foto: Unsplash

Die prys van vliegtuigbrandstof in Singapoer, waar groot hoeveelhede daarvan vervaardig word, het van $70 per vat in Januarie tot bykans $20 per vat in Mei geval voordat dit weer ietwat herstel het tot $41 per vat.

Die prys van brandstof vir skepe is eweneens tot 53% laer as wat dit was aan die einde van 2019.

Die gebrekkige vraag vir vliegtuigbrandstof en selfs vir brandstof vir motors beteken daar is meer komponente beskikbaar om te meng tot brandstof vir skepe.

Hoewel die probleme in die lugvaartbedryf goeie nuus is vir die skeepvaartbedryf, kan die vermenging van sekere komponente vir brandstof probleme veroorsaak.

Handelshuise en raffinaderye koop gewoonlik ’n verskeidenheid stookolie en verwerk dit tot brandstof vir skepe.

As te veel kerosien gebruik word, kan dit die temperatuur verlaag waarteen die brandstof vlam vat, wat ’n ernstige gevaar vir vaartuie inhou.

“As ’n baie plofbare petroleumproduk kan vliegtuigbrandstof tot brandstof vir skepe vermeng word, so dit is nie ’n verrassing dat dit tans gedoen word nie,” het Tim Wilson, ’n spesialis op die gebied van brandstof vroeër vanjaar aan Bloomberg gesê.

Vliegtuigbrandstof brand wel teen ’n baie laer temperatuur as wat nodig is vir skepe. – Bloomberg

Meer oor:  Lugvervoer  |  Olieprys  |  Olie  |  Brandstof  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.