Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Styging van petrolprys ‘kan Cyril-plan laat misluk’

Die petrolprys styg weens “Suid-Afrika se chaotiese ekonomiese beleid, wat ons weerloos laat teen stygings in internasionale oliepryse”, sê die Outomobiel-Assosiasie (AA).

Brandstof gaan in Oktober met die meeste in byna vier jaar styg. Foto: Getty Images

Dit is die tweede opeenvolgende verklaring waarin die AA die skuld vir die skerp stygings in plaaslike brandstofpryse voor die deur van die regering lê.

Die AA sê nou boonop duurder brandstof is ’n bedreiging vir die stimuluspakket wat pres. Cyril Ramaphosa ’n week gelede uitgereik het.

“Ons verwag dat die styging ’n bykomende R2,5 miljard per maand aan vervoerkoste kan onttrek uit ’n ekonomie wat reeds teen die toue is.

“Die koste van sake doen sal styg en verbruikers se besteebare inkomste gaan krimp. Ons glo nie die ekonomie sal betekenisvol kan groei onder dié omstandighede nie.”

Die verwagte petrolprysstygings vir Oktober gaan die hoogste in jare wees en die AA sê dit gaan “katastrofies” vir padgebruikers wees.

Soos Netwerk24 vroeër Donderdagoggend berig het, gaan 95-oktaan-petrol met nagenoeg R1,01 per liter duurder word en diesel met R1,24 per liter. Die pryse kan nog effens verander – Donderdag is die laaste dag van die oorsigmaand vir Oktober.

Lees ook: Olie dalk voor Kersfees meer as $100 per vat

Die AA sê arm mense, wat paraffien gebruik om kos te maak of vir verhitting, gaan geslaan word met ’n verhoging van nagenoeg R1,05 per liter.

Die aankondiging oor Oktober se pryse word van Vrydag verwag en word op Woensdag 3 Oktober van krag.

Volgens die AA is dit die grootste styging in brandstofpryse gegrond op die rand-dollar-wisselkoers en internasionale oliepryse.

Die prys het wel in April 2015 met meer as R1 per liter gestyg, maar dit was weens skerp stygings in die algemene brandstof- en Padongelukkefondsheffing. Toe het petrol R1,62 per diesel en diesel 1,23 per liter duurder geword.

Die grootste styging in pryse vanjaar was in Junie, toe petrol 82c per liter duurder geword het en diesel met tot 87c per liter. Paraffien het toe R1,09 per liter duurder geword en gas R1,38 per kilogram.

Tot dusver in 2018 is petrol tot R1,32 per liter duurder as in Desember 2017. Diesel is tot R1,45 per liter duurder, paraffien tot 88c per liter en gas tot R1,38 per kilogram.

Meer oor:  Aa  |  Diesel  |  Sentrale Energiefonds  |  Stimuluspakket  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.