Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Te koop: Eskom wil R2 mjd. uit eiendom verdien

Eskom het pas twee streekkantore vir altesame R76,1 miljoen verkoop, een in Kimberley en een in Johannesburg.

Eskom
Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor in Johannesburg. Foto: Getty Images

Dis deel van die nutsmaatskappy se plan om R2 miljard te verdien uit die verkoop van nie-kernbates.

Ongelukkig vir belastingbetalers is dit eintlik maar hulle wat die geld opdok, aangesien die twee geboue verkoop is aan die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie.

Die Kimberley Trust-sentrum is die hoogste gebou in dié Noord-Kaapse dorp. Dit gaan omskep word in “maatskaplike behuising”, dus billike behuising vir die laerinkomste-mark.

Eskom se streekkantoor van 26 verdiepings in Johannesburg gaan omskep word in behuising vir universiteitstudente.

Die personeel gaan na ander kantore verskuif word in wat Eskom ’n poging noem om ruimte beter te benut en “die maksimum waarde uit sy uitgebreide portefeulje eiendomme te put”.

Dit word ook beskryf as deel van Eskom se ontknoping in drie meer onafhanklike afdelings, vir opwekking, transmissie en verspreiding.

Nie al Eskom se geboue gaan noodwendig aan die regering verkoop word nie, maar Eskom noem dat die departement van behuising die eerste koopsreg het. Indien die staat nie belang stel nie, kan Eskom die eiendom in die ope mark verkoop.

Eskom het ook ander eiendomme in die mark, insluitend die De Wilge-woonstelle by die Kusile-kragstasie en Lephalale Sands naby Medupi.

Meer oor:  Eskom  |  Eiendomme  |  Verkope  |  Staatsondernemings  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.