Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Tekort aan diesel is diewe se skuld

Nuwe gevalle van diefstal by Transnet se brandstofpypleiding tussen Durban en Gauteng het tot vertragings in die vervoer van brandstof na die binneland gelei.

Nuwe gevalle van diefstal by Transnet se brandstofpyplyn lei tot nog dieseltekorte in die binneland.

Die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging (Sapia) het dié onthulling gemaak te midde van nuwe klagtes dat daar steeds dieseltekorte op verskeie plekke in die land is.

Dit kom nadat van die raffinaderye op vlak 5 en vlak 4 van die nasionale inperking gesluit was of weens die skerp daling in vraag hul produksie ingeperk het.

Aanvanklik het Sapia gesê die brandstoftekorte sou net tot einde Mei duur, maar in ’n nuwe verklaring meld hy dat Transnet ná die jongste voorvalle van diefstal sy brandstofpypleiding vir herstelwerk moes sluit.

Die pypleiding is ’n noodsaaklike diens om petrol en brandstof vanaf die Durbanse raffinaderye en hawe na die binneland te vervoer.

City Press het vroeër berig dat daar die afgelope boekjaar al 21 voorvalle was waarin diewe brandstof uit die pypleiding wou steel. Die jongste voorvalle was in die omgewing van Villiers in die Vrystaat, by Heidelberg in Gauteng en in die Balfour-omgewing in Mpumalanga.

Sapia sê wel albei die Durbanse olieraffinaderye – Sapref wat gesamentlik deur BP en Shell bedryf word, en Enref wat deur die Maleisies beheerde Engen bedryf word – is wel weer in bedryf en hul produksie is op normale vlak.

Teen einde Mei was daar steeds dieseltekorte weens die vinniger as verwagte herstel in die brandstofvraag namate die regering die Covid-19-inperking opgehef het.

Volgens Sapia was daar ’n drastiese toename in die vraag na diesel, maar daar is nou weer genoeg diesel- en petrolvoorraad.

Kevin Mileham, DA-woordvoerder oor energie, beweer egter daar is steeds landwyd dieseltekorte. Volgens hom het brandstofgroothandelaars gesê sekere raffinaderye het hulle ingelig dat die rantsoenering van voorraad nog tot middel Junie kan voortduur.

Enige dieseltekorte kan kritiek nadelig wees vir die landboubedryf. Graan SA het in ’n vinnige peiling gevind sowat 30% van sy lede nie diesel van hul verskaffers kon kry nie, en dit hou ernstige gevolge vir boere in wat nou in die middel van die oesseisoen is.

Die langafstand-padvervoerbedryf en die mynbou kan ook deur die tekorte geraak word.

Vroeër is berig dat probleme by PetroSA se gas-tot-brandstof-aanleg buite Mosselbaai ook tot die tekorte bygedra het, maar navrae hieroor aan PetroSA is nou nog nie beantwoord nie.

Engen het ook nie navrae beantwoord nie.

Meer oor:  Transnet  |  Engen  |  Sapia  |  Dieseltekort  |  Brandstof  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.