Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Tesourie: ‘Eskom sál sy skuld betaal’

Eskom sal aanhou om beleggers in sy effekte te betaal, volgens ’n voorlegging wat die tesourie in Londen aan beleggers gegee het.

Melkbosstrand North of Cape Town South Africa Powe
Die hulppakket aan Eskom is belangriker as Suid-Afrika se kredietgradering, volgens die tesourie. Foto: Getty Images

Dondo Mogajane, direkteur-generaal, het ’n skedule vir Eskom se herstrukturering uiteengesit en belowe dat krediteure geen verliese sal ly nie, volgens ’n fondsbestuurder wat die voorlegging bygewoon het.

Die tesourie wou nie kommentaar lewer nie omdat die vergadering “agter geslote deure gehou is”.

Volgens die fondsbestuurder het Mogajane gesê die hulppakket wat pres. Cyril Ramaphosa verlede week in sy staatsrede aangekondig het, sal verseker dat Eskom vir twee jaar as ’n lopende saak kan voortgaan.

Ramaphosa het aangekondig ’n spesiale toewysingswet gaan dringend ingedien word waardeur ’n groter deel van die R230 miljard wat oor tien jaar vir Eskom begroot is, vroeër toegeken gaan word.

Volgens Mogajane sal die wet reeds teen die einde van Julie goedgekeur word.

Die nuwe hoof van herstrukturering, wat ook in Februarie en in die staatsrede aangekondig is, en sy span gaan binne die volgende paar weke aangestel word. Dié span moet binne 18 maande ’n plan indien om Eskom se skuldlas te verlig.

Eskom sal binne twee jaar ontknoop word in die drie dele wat in Februarie aangekondig is, het Mogajane gesê. Dis vir opwekking, transmissie en verspreiding. Dit sal die kontantvloeiprobleme help verminder, volgens Mogajane.

Daarna sal die regering herbesin oor hulppakkette aan Eskom.

Die Eskom-hulppakket is volgens Mogajane belangriker as Suid-Afrika se laaste beleggingsgradering by Moody’s Investors Service, maar hy dink nie dit sal tot ’n afgradering lei nie.

Eskom het meer as R440 miljard skuld, insluitend $5,5 miljard se effekte wat in die buiteland uitgereik is. Nagenoeg twee derdes van die skuld word deur die regering gewaarborg. – Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.