Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Tesourie oorweeg spesiale entiteit vir Eskom-skuld

Die nasionale tesourie oorweeg ’n spesiale-doel-entiteit wat ’n groot deel van Eskom se skuld sal oorneem, berig Business Day.

Eskom se Lethabo-kragstasie in die Vrystaat.

Dit is glo deel van die regering se plan om Eskom te herstruktureer, wat skuld van byna R500 miljard het.

Volgens Business Day sal die voorgestelde spesiale-doel-entiteit binne die tesourie gesetel wees en sal in ’n posisie wees om finansiering vir Eskom in te samel, insluitende van internasionale ontwikkelingsfinansieringsagentskappe.

Dit kom te midde van Eskom wat in ’n erge geldknyp is. Eskom het Vrydag gewaarsku hy het teen einde April net R7,7 miljard se kontant oorgehad.

Eskom het op 2 April R5 miljard van die staatskas gekry as vroeë betaling van die R23 miljard wat in Februarie se begroting aan hom belowe is vir die jaar, het die nasionale tesourie vroeër bevestig.

Tito Mboweni, minister van finansies, het in Maart ’n noodklousule in die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies benut en R17,652 miljard se finansiering aan Eskom goedgekeur vir die 2019-’20-boekjaar.

Volgens die tesourie is net R5 miljard van die R17 miljard op 2 April aan Eskom oorgedra. Die res van die bedrag tot op die maksimum van R23 miljard wat in die begroting aangekondig is, sal volgens die tesourie aan die normale goedkeuringsprosedures van die parlement onderhewig wees.

Die Amerikaanse bankgroep Goldman Sachs beskryf Eskom as die grootste bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomie.

Eskom het Vrydag aangedui hy het teen einde Maart skuld van R440 miljard gehad, waarvan R273 miljard deur die staat gewaarborg word.

Dit is dié omvang van staatswaarborge wat kredietgraderingsagentskappe laat wakker lê, en alle oë is vandeesweek op die graderingsagentskap Standard & Poor’s wat Vrydag na verwagting sy jongste graderingsbesluit oor Suid-Afrika sal uitreik.

Die rede vir Mboweni se ingryping in Maart was deels weens ’n lening van die China Ontwikkelingsbank wat nie betyds uitbetaal is aan Eskom nie. Eskom het Vrydag laat blyk dat R4 miljard van die Chinese lening intussen betaal is.

Meer oor:  Eskom  |  Tesourie  |  Staatskuld  |  Staatsondernemings  |  Belasting  |  Reddingsboei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.