Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Toename in vraag na sonkrag

Beurtkrag en hoër elektrisiteitstariewe noop al hoe meer verbruikers om hulle tot sonkrag te wend.

Jean Blignaut, eienaar van Bloemfontein Sonpanele, sê die vraag na hul dienste het beslis vanjaar toegeneem.

Marius Steyn, ’n bestuurder by Santam, sê hoewel hy nie statistieke kan gee nie, ondervind hy ’n besliste toename in kliënte wat oor sonpaneel- en -geiser-versekering navraag doen.

Blignaut sê die installering van sonpanele by ’n gemiddelde grootte huis kos sowat R120 000.

“Elke installasie word volgens die gesin se kragbehoeftes aangepas en die gemiddelde huis het 12 tot 15 sonpanele nodig.”

Die sonpanele op die huis van Jackie van den Berg van Schweizer-Reneke se dak is reeds twee jaar gelede geïnstalleer. Sy sê hulle moes enkele veranderinge aanbring, soos om hul elektriese stoof vir ’n gasstoof te verruil en twee warmwater-donkies pleks van geisers te gebruik.

Alle sonpanele maak deel uit van geboue-versekering, tensy ’n huurder die panele oprig, dan word dit deel van huisinhoudversekering.

“Jy moet leer om nie laatmiddag te wil stryk of die haardroër of elektriese ketel te gebruik nie. Ons het vir ’n jaar ’n sonpomp gehad en sal dit vir niemand aanbeveel nie,” sê sy.

Sy raai mense aan om by mense wat reeds sonkrag in hul huise gebruik, kers op te steek en hul huiswerk vooraf deeglik te doen, want “daar is mense wat jou gaan uitbuit”.

Alle sonpanele maak deel uit van geboue-versekering, tensy ’n huurder die panele oprig, dan word dit deel van huisinhoudversekering.

“Toevallige skade aan vaste masjinerie is beskikbaar teen ’n verhoogde premie vir enige skielike en onverwagse skade aan die vaste masjinerie,” sê Steyn.

Hy raai kliënte wat sonpanele, -geisers of ander groenkrag by hul huise wil installeer, aan om te verseker dat gesertifiseerde en geakkrediteerde nutsmanne gebruik word en die vereiste sertifikate uitgereik is en dat songeisers deur die SABS goedgekeur is.

Blignaut sê installasies wat bo-op ’n dak, afdak of raamwerk gebou kan word, word gewoonlik binne ’n dag afgehandel.

Meer oor:  Santam  |  Elektrisiteit  |  Eskom  |  Sonkrag  |  Tariewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.