Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Toevoer herstel nadat Eskom kragdiewe vasvat
kragpale
Eskom het kragtoevoer na sekere areas in Gauteng herstel. Foto: Unsplash

Eskom het Maandag weer die ligte aangeskakel in sekere gebiede in Gauteng nadat gemeenskappe daar die kragreus toegelaat het om eers onwettige verbindings te kom verwyder.

Elektrisiteitstoevoer is herstel na sommige dele van Ivory Park, Diepsloot en Braamfischer in en om Johannesburg, het Eskom Maandag in ’n verklaring laat weet.

Die krag in hierdie gebiede is vroeër afgesny nadat Eskom aangedui het hy is keelvol vir huise wat onwettig krag vanaf substasies en ander verbindingspunte tap.

Ouditeurs en tegnici het later die gebiede besoek en alle onwettige verbindings verwyder, kliënte met agterstallige rekeninge se toevoer afgesny en in ander gevalle boetes uitgereik vir klante wat met kragtoevoer gepeuter het. Dié proses is nou afgehandel en derhalwe is die ligte weer aangeskakel, sê Eskom.

Motlhabane Ramashi, senior bestuurder vir bedrywighede en instandhouding by Eskom in Gauteng, beskou dit as ’n voorbeeld van wat die kragreus in hierdie gemeenskappe kan regkry.

“Kliënte se kragverbruik word nou gemeet en hulle kan makliker kragkoepons by erkende Eskom-handelaars aanskaf,” sê Ramashi.

Eskom hoop om ’n kultuur te skep waar kliënte bereid is om vir elektrisiteit te betaal in plaas daarvan om dit op ’n onwettige wyse te bekom.

Die kragreus verloor jaarliks miljarde rande aan kragdiefstal.

Volgens Eskom sal die kragtoevoer slegs herstel word na ander gebiede wat steeds sonder krag sit sodra gemeenskappe daar toelaat dat Eskom se tegnici eers onwettige verbindings verwyder. Dit sal ook die druk op die nasionale kragnetwerk help verlig, sê Eskom voorts.

Meer oor:  Eskom  |  Staatsondernemings  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.