Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Total kry nog gas in Suid-Kaap

Die Franse oliereus Total het ’n tweede groot ontdekking van aardgas aan die Suid-Kaapse kus gemaak.

The odour supressant plant at Daveyhulme wastewate
Die Franse oliereus Total het ’n tweede groot ontdekking van aardgas aan die Suid-Kaapse kus gemaak. Foto: Getty Images

’n Wesenlike ontdekking van gaskondensaat is in die Luiperd-veld, deel van Total se Blok 11B/12B in die Outenikwa-kom, gedoen, het Total Woensdag aangekondig.

Dit volg op Total se eerste ontdekking in 2019 in die Brulpadda-veld in dieselfde eksplorasieblok. Dit is sowat 175 km van die Suid-Kaapse kuslyn af.

Die Luiperd-boorgat is tot ’n totale diepte van 3,4 km onder die seebodem geboor, en 73 m diep se gaskondensaat is in goedontwikkelde geologiese reserwes ontdek, sê Total in ’n verklaring wat in Parys, Frankryk, uitgereik is.

“Ons is baie ingenome met hierdie tweede ontdekking en die baie bemoedigende resultate daarvan. Dit wys dié diepsee-gasreserwe is van wêreldklasgehalte,” sê Arnaud Breuillac, president van eksplorasie en produksie van Total, in die verklaring.

Die totale eksplorasieblok strek oor 19 000 km², en die waterdiepte wissel van 200 m tot 1 800 m. Total het ’n bedryfsbelang van 45% in die blok, met Qatar Petroleum wat 25% besit, CNR International 20% en ’n Suid-Afrikaanse konsortium 10%.

Die African Energy Chamber (AEC), wat energiemaatskappye op die vasteland verteenwoordig, het Woensdag gesê Total se aankondiging is verwag, maar dit is nietemin rede om te juig ná ’n jaar vol onsekerhede in die energiesektor in Afrika.

Met koronavirus-inperkings wat eksplorasiebedrywighede in die hele Afrika vertraag het, is Total se boorprogram in die veld met net twee maande vertraag, en dit lyk asof die Luiperd-ontdekking tot dusver vanjaar die enigste ontdekking in Afrika suid van die Sahara is, sê die AEC.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, sou Woensdag die nuus amptelik bekend maak, maar sy nuuskonferensie is gekanselleer, moontlik omdat dit ook Woensdag die mediumtermynbegrotingsrede in die parlement was.

Total meen sy tweede ontdekking bevestig die groot aardgaspotensiaal aan die Suid-Afrikaanse kus, waar daar in heelwat gebiede nog nie volledige eksplorasie was nie.

Total het al ’n paar jaar gelede in die gebied probeer boor, maar die tegnologie tot sy beskikking was toe nie opgewasse vir die moeilike see- en weerstoestande van dié deel van die suidelike oseaan nie.

Total oorweeg nog ’n derde en selfs ’n vierde eksplorasieboorgat in die blok.

Die gasontdekking kom kort op die hakke van PetroSA se tender om ’n verskaffer van vloeibare aardgas te vind wat hom kan help om sy gas-tot-brandstofaanleg buite Mosselbaai aan die gang te hou. Total is reeds met PetroSA in gesprek oor gasvoorsiening. PetroSA se eie gasbronne sal teen die jaareinde uitgeput wees.

Meer oor:  Total  |  Energie  |  Aardgas  |  Gas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.