Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Total se boortoring terug in SA vir nog eksplorasie
Die Deepsea Stavanger-olieboortoring het die afgelope week in Kaapstad aangekom, maar is reeds weer op koers na die Suid-Kaap vir die begin van Total se boorprogram.

Die Franse oliereus Total en sy vennote gaan sowat R1,5 miljard in Suid-Afrika bestee as deel van sy volgende boorprogram om vir olie en gas aan die Suid-Kaapse kus te soek.

Die olieboortoring Deepsea Stavanger het die afgelope week in Kaapstad vertoef nadat dit van die noordelike halfrond na Suid-Afrika verskuif is vir die volgende ronde van Total se eksplorasie.

Die boortoring is Vrydagoggend reeds weer op koers in die rigting van die Suid-Kaap, waar dit vir die res van die jaar en ’n deel van volgende jaar besig sal wees met die boor van tot soveel as tien boorgate in die sogenaamde Blok 11B/12B. Dit is ’n groot gebied sowat 80?km tot 150 km aan die kus wat strek van Plettenbergbaai tot Kaap St. Francis.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het in ’n verklaring die aankoms van die boortoring vandeesweek verwelkom. Ná Total se ontdekking van gasbronne in die Brulpadda-veld in dieselfde blok verlede jaar, het hy en sy vennote besluit om die eksplorasie uit te brei.

Die R1,5 miljard wat aan tegniese dienste en toerusting, opleiding, gasvryheidsdienste en ander kontrakte by plaaslike maatskappye bestee gaan word, is deel van ’n boorveldtog van $400 miljoen wat Total en sy vennote aanpak.

Mantashe sê die aankoms van die boortoring bevestig die vertroue wat die olie-eksplorasiebedryf in Suid-Afrika as beleggingsbestemming het, ondanks die negatiewe invloed wat die Covid-19-pandemie op ekonomieë wêreldwyd het.

Volgens hom sal die regering die projek steun deur die wetsontwerp oor stroomop-petroleum af te handel. Dié wetsontwerp is bedoel om die regulatoriese omgewing vir investering in olie- en gaseksplorasie beter uit te stippel en om die omgewing en waterbronne te beskerm.

Omgewingsgroepe is egter reeds vies omdat hulle meen dat Total se openbaredeelnameproses vir die omgewingsimpakstudie oor sy boorprogram nie voldoende was nie. Total het toe besluit om meer tyd te gee vir kommentaar op die konsep-omvangsverslag oor die boorprogram. Mense het tot 21 Augustus tyd om daarop kommentaar te lewer.

Meer oor:  Total  |  Energie  |  Boorgat  |  Aardgas  |  Olie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.