Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Transformator ontplof in Suid-Kaap

Eskom stel ondersoek in nadat ’n transformator Vrydag by ’n substasie in Mosselbaai ontplof het wat grootskaalse kragonderbrekings in die Suid-Kaap veroorsaak het.

Dorpe soos Mosselbaai, George, Oudtshoorn, Plettenbergbaai en Riversdal is deur die kragonderbreking geraak. Die kragonderbreking was omstreeks 10:30, maar die krag is teen omstreeks 11:30 herstel.

Eskom het by navraag gesê daar was Vrydagoggend ’n ontploffing by die Proteus-substasie naby Mosselbaai en tegnici probeer nog vasstel wat dit veroorsaak het.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Ontplof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.