Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Trillian moet Eskom terugbetaal

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag gelas dat Trillian Capital Partners bykans R595 miljoen aan Eskom moet terugbetaal.

Eskom het by navraag gesê hy sal hom op sy regspan moet beroep vir meer besonderhede.

Die hof het Dinsdag bevind dat betalings van die staatsbeheerde kragverskaffer aan Trillian “onwettig en ongeldig” was.

Eskom het in Maart 2018 met stappe begin om die betalings aan die internasionale konsultant McKinsey en Trillian tersyde te stel.

McKinsey het vroeg in Julie 2018 om verskoning gevra en R902 miljoen aan Eskom terugbetaal.

* Meer volg binnekort.

- Fin24

Meer oor:  Mckinsey  |  Eskom  |  Trillian Capital Partners  |  Pretoria  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.