Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Tyd om kragstasies te verkoop, sê kenner

Die jongste vlaag beurtkrag het energiekenners oortuig dat daar geen ander uitweg is as om Eskom se kragstasies te begin verkoop nie.

Kragdrade in Orlando, Soweto. Foto: Bloomberg

Mike Rossouw, ’n elektriese ingenieur wat jare lank in Eskom en buite Eskom vir die land se grootste elektrisiteitsverbruikers gewerk het, sê dis al manier om elektrisiteitstoevoer te stabiliseer en Eskom se skuldlas onder beheer te bring.

“Die gebeure die afgelope week wys duidelik dat Eskom se topbestuur en die betrokke politici nie verstaan wat die werklike probleme is nie. Hulle vra nie die regte vrae nie en hou hulle nie met die regte oplossings besig nie.

“As Eskom net sy drie grootste kragstasies verkoop, kan die land binne ’n jaar in ’n heeltemal ander posisie wees. Ons sal beslis nie weer beurtkrag hê nie.”

Dis hoe lank dit sal neem om die transaksie af te handel, sê hy. Hy reken deur Medupi en Kusile te verkoop, kan Eskom tussen 40% en 60% van die boekwaarde – die geld wat reeds aan die twee sukkelende nuwe kragsentrales bestee is – terugkry. “Nog een van die groter kragsentrales soos Kriel, Matla of Tutuka wat daarmee saam verkoop word, sal ’n opbrengs lewer wat genoeg is om Eskom en die land se skuldposisie heeltemal te verander,” sê Rossouw.

“As die kragstasies verkoop word, gaan dit geen werkverliese op die kragstasies self veroorsaak nie. Daar sal wel werkverliese in Megawattpark wees van oortollige personeel wat nie meer dienste aan die kragstasies hoef te lewer nie, maar hulle is nie vakbondlede nie,” sê hy.

Rossouw sê die steenkoolkragstasies sal dalk nie vir Westerse beleggers aantreklik wees nie. “Maar jy sal beslis groot belangstelling van beleggers in China en Indië kry.”

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Kragstasies  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.