Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Uitgeskopte Necsa-direksie Donderdag in hof
Necsa se Pelindaba-aanleg noord van Pretoria.Foto: Lisa Hnatowicz

Die uitgeskopte direksie van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa) se hofaansoek om Jeff Radebe, minister van energie, te dwing om hulle weer in hul poste aan te stel, word Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Dr. Kelvin Kemm, voormalige voorsitter, Phumzile Tshelane, voormalige uitvoerende hoof, en Pamela Bosman, direkteur van Necsa, het ure nadat hulle op 6 Desember afgedank is, reeds hul aansoek by die hof ingedien.

Radebe het die direksie afgedank weens onder meer “volgehoue onbevoegdheid”.

Een van die kwessies wat Radebe gegrief het, is dat Kemm ’n samewerkingsooreenkoms met die Russiese kernkragmaatskappy Rosatom onderteken het.

Die ooreenkoms was vir samewerking oor mediese kerntegnologie tussen Necsa en Rosatom se mediese afdeling, Rusatom.

Radebe sê Kemm het nie die magtiging gehad om dit te onderteken nie. Radebe was ook glo ongelukkig oor “ongemagtigde” reise van Kemm na Rusland.

Die drie herhaal Dinsdag in ’n verklaring hul vorige bewering dat hul afdanking onregverdig was en eerder ’n rookskerm is om van hulle ontslae te raak.

Hulle beweer hulle is uit hul poste verwyder omdat hulle ’n onwettige ooreenkoms waarin Necsa se filiaal wat mediese isotope vervaardig (NTP), aan ’n Amerikaanse maatskappy verkoop sou word, teengestaan het.

“Daardie transaksie moet ondersoek word en al die feite, insluitende enige betalings wat gemaak is en of beloof is, moet aan die publiek bekend gemaak word.”

Die direkteure sê Radebe het teen die direksie opgetree omdat sy plan onthul is voordat dit toegepas is. Hy wou beginselvaste direksielede met ondergeskikte en toegeeflike lede vervang.

Daardie transaksie moet ondersoek word en al die feite, insluitende enige betalings wat gemaak is en of beloof is, moet aan die publiek bekend gemaak word.

Tshelane sê hy het vergaderings bygewoon waarop hierdie plan bespreek is en sy enigste “uitdagende optrede” was om nee te sê dat hierdie bate, wat ’n beduidende inkomste verdien, aan buitelanders verkoop word.

“Van toe af wou die minister my verwyder. Ek het toe en nou in die pad van sy plan gestaan. Daar is geen geldige rede waarom ek Necsa onder ’n wolk moet verlaat nie en daarom moet ek sy lasterlike bewerings beveg. Daar is nog steeds Suid-Afrikaners wat die regte ding doen en korrupsie ter wille van hul land en hul kinders weerstaan.”

Kemm sê hulle het maande lank met die minister probeer praat. “Hy het geweier om saam met ons te werk en het vals klagtes uitgedink. Hy wil ons loopbaan en reputasie vernietig om ’n korrupte ooreenkoms te fasiliteer. Ons kan hom nie toelaat om daarmee weg te kom nie.”

Meer oor:  Jeff Radebe  |  Kelvin Kemm  |  Kernkrag  |  Necsa  |  Direksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.