Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Van duisende vir krag, tot ons skuld jou!

Net twee dae nadat Rapport by die Tshwane-metroraad navraag gedoen het oor ’n Pretoriase vrou se reusagtige kragrekening, het die raad die R235 401,25 wat hy van haar geëis het, teruggeskryf én erken hy skuld haar eintlik meer as R20 000.

Lucia van Vollenstee voor haar huis in Queenswood wat volgens die Tshwane-metroraad honderde duisende rand se krag gebruik het. Die rekening is uiteindelik dié week reggestel. Foto: Deon Raath

Rapport het verlede week berig dat Lucia van Vollenstee sedert Maart verlede jaar sukkel met ’n kragrekening vir haar drieslaapkamerhuis in Queenswood waarin net twee mense woon.

Terwyl sy in Februarie 2020 nog sowat R2 500 per maand vir elektrisiteit betaal het, het die raad in Maart ’n rekening van R213 860,71 gelewer en sedertdien was dit net afdraande. Ondanks al haar pogings om die ooglopende fout reggestel te kry, het die raad haar rekening net met kleiner bedrae gekrediteer en dan weer reusebedrae gehef. Sy het ’n elektrisiën gekry om seker te maak daar is nie ’n fout wat die reusebedrag kan verklaar nie en het op verskeie maniere met die raad probeer skakel om die probleem uit te stryk, maar sonder sukses. Sy het getrou elke maand ’n paar duisend rand betaal.

Teen Mei het haar rekening steeds op sowat R246 000 gestaan.

Rapport het op 1 Junie ’n navraag oor Van Vollenstee se rekening na die raad gestuur waar dit na Mare-Lise Fourie, burgemeesterskomiteelid vir finansies, se kantoor verwys is. Dié het die probleem opgelos.

Die raad skuld Van Vollenstee nou R20 060.

“Ek hoop net dit bly nou reg,” het Van Vollenstee die afgelope week gesê. Waarom dit langer as ’n jaar moes vat, is steeds nie duidelik nie.

Lucia van Vollenstee se kragrekening toon nou dat die Tshwane-metroraad haar R20 000 skuld.Foto:

Meer oor:  Pretoria  |  Kragtariewe  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.