Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Verwag hele Saterdag beurtkrag

Eskom het fase 2-beurtkrag Saterdagoggend 09:00 in werking begin stel. Dit sal tot 22:00 Saterdag voortduur, lui ’n mediaverklaring.

Eskom sê dis nodig om noodreserwe-voorrade op te bou ter voorbereiding op die komende week.

Die vraag na elektrisiteit het aansienlik toegeneem weens die koue weer.

Volgens Eskom is drie van die ses opwekkers wat vroeër gebreek het, nou herstel. Probleme met dié drie opwekkers by die Tutuka-, Arnot- en Matimba-kragstasies het die kragverskaffingsvermoë aansienlik verlaag.

’n Vertraging om ’n opwekkingseenheid by die Duvha-kragstasie weer in diens te stel, het verdere druk op die kragvoorsieningstelsel geplaas.

Eskom doen ’n beroep op mense om elektrisiteit spaarsamig te gebruik om die impak van beurtkrag te help verminder.

“Die publiek se samewerking sal Eskom help om vinniger te herstel,” lui die mediaverklaring.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.