Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom sê wat die beurtkrag vooruitsigte vir Dinsdag is

Eskom sê vier van sy kragopwekkingseenhede wat probleme gegee het en tot die instelling van fase 4-beurtkrag gelei het, was teen Maandagaand weer op dreef en die oorblywende drie kragopwekkers behoort teen Dinsdagoggend weer te funksioneer.

Luidens ’n verklaring deur Eskom se raad het al sewe eenhede binne ’n kwessie van vyf uur afgeslaan, wat die inwerkingstelling van fase 4-beurtkrag genoodsaak het om druk op die nasionale netwerk te verlig.

Eskom het aanvanklik slegs beplan om Maandag fase 2- beurtkrag in te stel weens ’n tekort aan opwekkingsvermoë en ’n tekort aan diesel oor die naweek.

Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, het Maandag dringende samesprekings met Eskom se raad en uitvoerende bestuur gevoer na aanleiding van die huidige beurtkrag-krisis.

Die kragvoorsiener het langer as ses uur met die departement van openbare werke vergader om die oorsake van beurtkrag, insluitend “uitdagings by ou en nuwe kragstasies”, te bespreek.

“Die raad is voorsien van ’n gedetailleerde analise oor bedryfsteurings by Eskom se nuwe bouprogramme, sowel as by sy vloot van ouer kragstasies,” lui die verklaring.

Volgens Eskom is die Medupi- en Kusilie-kragstasies, die kern van Eskom se nuwe bouprogram, steeds nie betroubaar nie en lewer dit nie ’n betekenisvolle bydrae tot Eskom se kapasiteit nie.

“Teen Maandagaand is vier eenhede weer aanlyn gebring en word verwag dat die oorblywende drie teen môreoggend (Dinsdag) weer op dreef sal wees. Ons sal binne die volgende 24 uur ’n stelsels- en operasie-opdatering hê,” sê Eskom in die verklaring.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.