Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Jabu Mabuza bedank uit Eskom
Jabu Mabuza. Foto: Elvira Wood

Jabu Mabuza, lid en voorsitter van die Eskom-raad, het Vrydag uit sy pos bedank.

Pres. Cyril Ramaphosa het in ’n verklaring gesê hy neem kennis van Mabuza se bedanking.

In sy bedankingsbrief het Mabuza om verskoning gevra vir Eskom se onvermoë om die onderneming na te kom wat hy aan die president, die adjunkpresident en die betrokke ministers gegee het op ’n vergadering op 11 Desember verlede jaar dat beurtkrag oor dié tydperk vermy sal word.

“Op dié vergadering het Eskom planne voorgelê om te verseker dat die risiko van beurtkrag gedurende die vakansietydperk tot 13 Januarie 2020 uitgeskakel word. “Eskom het ook die risiko’s wat die nasionale netwerk beïnvloed, uiteengesit.”

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Mabuza se bedanking aanvaar.

Lees ook: Cosatu eis nou ook Gordhan se kop

Ramaphosa het Mabuza bedank dat hy Eskom en die nasie in ’n uitdagende tydperk gedien het en het hom geprys dat hy aanspreeklikheid aanvaar vir gebeure onder sy leiding.

“In die nasleep van die bedanking sal die regering binnekort ’n nuut saamgestelde Eskom-raad met die toepaslike mengsel van die elektrisiteitsbedryf, ingenieurswese en korporatiewe bestuurservaring aankondig,” lui die verklaring.Ramaphosa het Mabuza voorspoed toegewens.

Meer oor:  Jabu Mabuza  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.