Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Waarskynlik g’n beurtkrag dié winter, beloof Cyril
Beurtkrag is onwaarskynlik oor die volgende paar maande.

“Die winter is op pad, maar wat elektrisiteit betref, behoort ons reg te wees daarvoor,” het pres. Cyril Ramaphosa Woensdagoggend in Johannesburg gesê.

Hy het op Goldman Sachs se beleggingskonferensie in Parktown gesê die vlaag beurtkrag wat die land vroeër vanjaar geteister het, kan as ’n “perfekte storm” beskryf word en dat dit nou beduidend beter gaan.

“Ek kry elke dag om 07:30 ’n verslag oor wat by die kragstasies aangaan, hoeveel van hulle werk,” het hy gesê.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, wat ook die konferensie bygewoon het, stuur glo dié verslag aan hom.

Ramaphosa sê hoewel hy vol vertroue is dat beurtkrag nie weer die land in die donker gaan laat nie, is daar steeds groot uitdagings wat opgelos moet word voordat Eskom weer volhoubaar sal wees.

“Ons gaan nie toelaat dat Eskom vou nie. As Eskom vou, vou die ekonomie en die land. Ons sal planne maak en dit in die staatsrede bekend maak,” het hy belowe.

Ramaphosa het gesê ’n sakeplan vir Eskom is reeds ter tafel gelê. “Die plan is gereed en dis geloofwaardig. Ons sal dit toepas.

“Ons moet ’n effektiewe bestuurspan hê. Ons het reeds een, maar sal dit uitgebrei word. Ons moet ook ’n goeie direksie hê.”

Ramaphosa het gesê wat beslis nié deel van die plan is nie, is om Eskom te privatiseer.

“Ons gaan Eskom herstruktureer om dit in pas te bring met hoe soortgelyke ondernemings in die res van die wêreld bestuur word.”

Ons moet ’n effektiewe bestuurspan hê. Ons het reeds een, maar sal dit uitgebrei word. Ons moet ook ’n goeie direksie hê.
Cyril Ramaphosa

Hy het weer gesê dat Eskom in drie dele, naamlik kragopwekking, transmissie en distribusie, verdeel gaan word. Dit is reeds in Februarie in sy staatsrede aangekondig.

Volgens Ramaphosa sal die herstrukturering dit vir Eskom moontlik maak om beter met die private sektor saam te werk.

Hy het gesê dit is veral die eenheid wat op kragopwekking gaan fokus wat met die private sektor sal kan saamwerk.

Hy het erken dat hoewel planne gemaak kan word om die bestuur van die kragreus te verbeter, sal daar ook dringend na Eskom se skuldlas gekyk moet word.

“Die groot olifant in die vertrek bly Eskom se skuldlas. Ons sal hierna moet kyk. Ons werk tans saam met die tesourie en leners.

“Ons gaan almal moet saamwerk – die staat, private sektor en gemeenskappe. Ons gaan opofferings moet maak, maar ons gaan die probleem oplos.”

Meer oor:  Eskom  |  Cyril Ramaphosa  |  Energie  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag  |  Winter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.