Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Wanbetalers wurg Eskom, skuld nou R38 mjd.

Die kultuur van nie-betaling is meer kommerwekkend as die omvang van Eskom se skuld, het Jabu Mabuza, uitvoerende voorsitter, Dinsdag in die parlement gesê.

Eskom probeer die gebruik van sy dieselkragstasies afskaal. Hy het onlangs verneem sy dieselkragstasies gebruik 14 liter diesel per sekonde, het Mabuza vertel.

Eskom sukkel al hoe meer om skuld van munisipaliteite in te vorder. Sowat R38 miljard word nou aan Eskom geskuld, waarvan omtrent die helfte die skuld van munisipaliteite is. ’n Groot deel van die ander helfte is die skuld van Soweto, waar inwoners krag regstreeks van Eskom koop.

Mabuza het aan ’n gesamentlike vergadering van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies se toedelingskomitees en die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê hy weet nie waar Suid-Afrika gaan eindig met dié kultuur van nie-betaling nie. Die tempo waarteen munisipale skuld terugbetaal word, neem in werklikheid af, het hy gewaarsku.

Eskom se eie skuld trek nou al byna by R450 miljard en hy moet geld leen om die rente daarop te betaal, wat onvolhoubaar is.

Sakemodel uitgedien

Mabuza het toegegee Eskom se huidige sakemodel is uitgedien. Hy het gemaan Eskom kan homself nie uit sy geldknyp spaar nie, al mik hy om oor die volgende drie boekjare R33 miljard uit sy kostestruktuur te verwyder.

“Dit gaan pynlik wees vir almal, van werknemers tot verskaffers, tot kragverbruikers tot die regering,” het hy gesê.

Eskom probeer die gebruik van sy dieselkragstasies afskaal. Hy het onlangs verneem sy dieselkragstasies gebruik 14 liter diesel per sekonde, het Mabuza vertel.

Tariefsensitief

Hoewel Eskom op lang termyn daarna mik om tariewe te kan vra wat sy werklike koste weerspieël, sê Mabuza groot kragverbruikers soos myne en smelters is baie sensitief vir selfs net ’n klein verhoging in tariewe. Dit is waarom van die myne al gesluit het. By smelters – waar krag tot soveel as 60% van hul koste uitmaak – het ’n klein verandering in die tarief ’n groot uitwerking.

Vandalisme

Eskom word gery deur vandalisme. Die afgelope week is kragpale by Roodepoort en Nigel sommer afgekap. Die transmissienetwerk het net soveel instandhouding nodig as die verouderende kragstasies, en dit kan tot ’n maand neem om kraglewering te herstel as transmissie-infrastruktuur vernietig word.

Natasha Mazzone, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings, het gesê daar is talle internasionale kragmaatskappye wat gereed staan om aandele in Eskom te koop. Sy meen die regering moenie in politieke ideologie vaskyk as hy Eskom wil red nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.