Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Wie is André de Ruyter, Eskom se nuwe baas?
André de RuyterFoto: Elvira Wood

Ná maande se bespiegelinge het Eskom eindelik weer ’n uitvoerende hoof.

Die departement van openbare ondernemings het Maandag in ’n verklaring aangekondig dat André de Ruyter, tans uitvoerende hoof van Nampak, in dié pos aangestel is.

Sy aanstelling geld van 15 Januarie.

Hy vervang Phakamani Hadebe, wat in Julie bedank het.

De Ruyter se naam is nooit genoem as ’n moontlike kandidaat in aanloop tot die aanstelling nie.

Bloomberg het voorheen berig dat Andy Calitz, voormalige uitvoerende hoof van LNG Kanada, en Jacob Maroga, wat self voorheen by Eskom gewerk het, moontlike kandidate vir die pos is.

Sosiale media was behoorlik aan die brand kort nadat die aankondiging gedoen is.

Verskeie mense het kommentaar gelewer oor die feit dat die 50-jarige De Ruyter wit is.

Matšhela Koko, self voorheen waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het ’n grafiek van Nampak se aandeleprys die afgelope jare geplaas, met dié kommentaar daarby: “Dit is die nalatenskap van die nuwe uitvoerende hoof van Eskom. Oordeel self.”

Nampak se aandeleprys het net die afgelope jaar reeds met meer as 52% gedaal. Dit het Maandag op R7,35 op die JSE gesluit.

Die departement van openbare ondernemings hou egter voet by stuk dat De Ruyter die regte keuse is.

Hy wys daarop dat die nuwe Eskom-baas jare lange ervaring as ’n bestuurder en direkteur by groot maatskappye het.

Hy het voorheen langer as 20 jaar by die petrochemiese reus Sasol gewerk en dien sedert 2014 as die uitvoerende hoof van Nampak.

Hy was ook voorheen voorsitter van die Vervaardigingsirkel.

De Ruyter het aan die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Pretoria studeer. Hy het ’n LLB-graad.

Hy het sy MBA aan die Nyenrode-Sakeuniversiteit naby Utrecht, Nederland, verwerf.

De Ruyter staar groot uitdagings in die gesig, wat die volgende insluit:

1. Die herstrukturering van Eskom in drie aparte eenhede;

2. Skuld van meer as R440 miljard;

3. ’n Onstabiele kragnetwerk;

4. Internasionale druk deur kredietgradeerders soos Moody’s Investors Service, wat juis wil sien wat by Eskom gedoen word voordat hy besluit wat hy met Suid-Afrika se kredietgradering gaan doen;

5. Die insameling van miljarde rande wat aan hom geskuld word deur munisipaliteite, veral Soweto;

6. ’n Stryd met die Nasionale Energiereguleerder oor met hoeveel Eskom sy kragtariewe kan aanpas; en

7. Vakbonde wat glad nie ten gunste van voorstelle is dat Eskom se arbeidsmag drasties afgeskaal moet word nie.

Meer oor:  Nampak  |  Eskom  |  Andre De Ruyter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.