Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Winterkrag ‘ís baie duurder’

Inwoners van Mangaung wat kla oor die kragtariewe van Centlec, die elektrisiteitsverspreider van die metro, moet onthou dat die wintertarief baie hoër as die somertarief is.

So sê Lele Mamatu, woordvoerder van Centlec.

“Vir R500 kry jy in die winter 240 eenhede en in die somer 330 eenhede.”

Hy sê inwoners moet ook onthou dat Centlec nie sy eie tariewe vasstel nie. Die tariewe word deur Nersa vasgestel.

“Nersa gee riglyne aan munisipaliteite, wat help bepaal hoe die tariewe saamgestel moet word. Die tariewe wat Centlec hef, moet uiteindelik deur Nersa goedgekeur word.”

Mamatu sê Nersa reguleer ook die elektrisiteitstariewe van Eskom.

“Ons as Centlec word genooi om voorleggings aan Nersa te doen, maar uiteindelik is dit Nersa wat bepaal dat elektrisiteit ’n duur kommoditeit is.”

Mamatu sê wintertariewe word van 1 Junie tot einde Augustus gehef. Van begin September tree somertariewe in werking, wat geld tot die einde van Mei aanstaande jaar.

Dit geld sowel Eskom as Centlec.

Op die webtuiste van Centlec word ook aangedui dat die tariewe deur Nersa goedgekeur is, sê Mamatu.

Meer oor:  Centlec  |  Kragtariewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.