Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Woede oor beurtkrag verstaanbaar, sê Cyril

Die voortdurende kragonderbrekings is verwoestend vir die ekonomie en die woede daaroor is verstaanbaar, het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand gesê nadat die land ’n paar uur lank in fase ses-beurtkrag gedompel is.

Ramaphosa is voortdurend in gesprek met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Eskom se bestuur “oor die toestand van die nasionale kragnetwerk en werk wat gedoen word om die huidige krisis op te los”, sê die presidensie in ’n verklaring.

Ramaphosa sê beurtkrag berokken die ekonomie groot skade en ontwrig Suid-Afrikaners se lewens.

“Ons onmiddellike prioriteit is om soveel opwekkingskapasiteit as moontlik terug te kry in die kortste moontlike tyd. Eskom se tegniese spanne werk deurentyd om die onderbrekings reg te stel.”

Pres. Cyril Ramaphosa

Volgens Ramaphosa het uiterste weerstoestande oor groot dele van die land die afgelope week die probleme van die kragnetwerk, wat reeds onder groot druk was, vererger.

“Dit is in dié tyd noodsaaklik dat almal saamwerk om die nodige kapasiteit so gou moontlik terug te kry. Ons doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners, veral intensiewe kraggebruikers, om hul verbruik te verminder.”

Die president het egter daarop gewys dat die probleme nie oornag opgelos kan word nie en dat ’n “dapper pad van herstrukturering en herbou uiteengesit moet word”.

“Ondanks die terugslae die afgelope week, maak ons vordering en sal ons mettertyd sien dat dit vrugte werp.”

Luidens die verklaring het die regering “verreikende en noodsaaklike besluite geneem” om volhoubare kragverskaffing te verseker en langtermynoplossings te vind.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Cyri Ramaphosa  |  Elektrisiteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.