Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
1,8 m. informele ondernemings in SA
entrepreneurs, informele ondernemings

In 2017 was daar 1,8 miljoen individue in die land wat informele ondernemings bedryf het wat nie vir BTW geregistreer was nie.

Dit is minder as die 2,3 miljoen van 2001, maar meer as die 1,1 miljoen individue wat in 2009 informele ondernemings bedryf het, wys ’n 2017-opname oor werkgewers en mense in eie diens deur Statistieke Suid-Afrika (SSA).

Gauteng het die meeste van dié informele ondernemings, naamlik 28,6%, gevolg deur Limpopo (16,5%) en KwaZulu-Natal (14,7%).

Die opname het gewys 70% van mense wat informele ondernemings begin, gebruik hul eie geld daarvoor. Werkloosheid was vir meer as 60% van die sake-eienaars die rede om ’n informele onderneming op die been te bring.

Meer as 70% van die ondernemings het geen finansiële state van hul onderneming gehou nie, en sowat 68% van die eienaars het minder as ’n matriekkwalifikasie.

SSA sê die meeste werkgewers met informele ondernemings se arbeidskoste was minder as R1 500 per maand. Sowat 23% het in 2017 geen toegang tot elektrisiteit by hul ondernemings gehad nie en meer as 15% het geen toegang gehad tot sanitasiegeriewe by hul sakepersele nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.