Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Allan Gray sterf op 81

Allan Gray, stigter van die batebestuursgroep Allan Gray, is dood.

Allan Gray, stigter van die gelyknamige batebestuursfirma. Foto: Allan Gray

Gray is op 81 aan natuurlike oorsake dood, het die batebestuursgroep in 'n verklaring gesê.

Gray het die suksesvolle beleggingsonderneming in 1973 gestig.

Hy het later 'n bekende filantroop geword en die Allan Gray Orbis Stigting geskep vir sy filantropiese projekte.

Hy het teen 2015 die Allan & Gill Gray Stigting geskep waardeur die Gray-familie se belange in die Orbis en Allan Gray-groepe besit word.

Gray laat sy vrou, Gill, en sy drie kinders, Trevor, Jennifer en William, agter. William is 'n nie-uitvoerende direkteur van Allan Gray en is die beleggingshoof van Orbis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.