Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
5 maniere om jou onderneming te bemark
Gugu Mjadu, hoofbestuurder vir bemarking by Business Partners.

Baie kleinsake-eienaars stel die bemarking van hul onderneming uit omdat hulle glo hulle het nie die geld of tyd daarvoor nie.

Gugu Mjadu, hoofbestuurder vir bemarking by Business Partners, sê mededinging vir dienste en produkte neem dié tyd van die jaar toe en daarom moet kleinsakelui bemarking voorop stel.

“In ’n wêreld waar verbruikers se eerste raakpunt vir produkte of dienste die internet is, is dit verrassend hoe beperk klein ondernemings se aanlyn teenwoordigheid is.

“Dit kos weliswaar geld om ’n webwerf te ontwikkel, maar die beloning is baie meer as die aanvanklike koste. Benewens ’n webwerf kan ondernemings ook sosialemedia-platforms benut wat gratis is om te gebruik.”

Tradisionele bemarkingstrategieë bly net so belangrik soos voorheen. Dit sluit in advertensies in plaaslike koerante, die borg van geleenthede en om te netwerk.

Mjadu sê ondernemings moet veral dié vyf meganismes benut vir bemarking – en as hulle dit nie betyds vir die Kersinkopietyd gedoen het nie, is dit beslis iets wat in 2016 moet aandag kry:

  • Vestig ’n webwerf: 81% van ­sake-tot-sake-verkrygingsiklusse begin met ’n websoektog; 90% van verskaffers het hul verskaffer deur ’n websoektog opgespoor.
  • Maak seker jy is in sosiale ­media: Sosiale media kan ’n manier wees om nuus oor jou maatskappy te deel en dien as platform om verbruikers se probleme op te los. Jy moet egter seker maak watter platform jou onderneming die beste pas. Instagram of Pinterest is dalk ideaal vir ’n onderneming wat ’n sterk visuele element het, terwyl LinkedIn dalk beter is vir ’n professionele diens.
  • Gebruik e-posveldtogte slim:Maak seker jou kliënte is almal op ’n e-poslys wat gereeld bygewerk word. Gebruik dienste soos MailChimp om hulle maklik te bereik.
  • Skep plaaslike bewustheid:Skakelwerk is ’n sterk middel om bewustheid oor jou onderneming en sy kundigheid te versprei. Nie almal kan ’n skakelmaatskappy bekostig nie, maar dit kan op klein skaal intern behartig word.
  • Netwerk:Vestig kontakte met substansie en neem deel aan uitstallings wat op jou bedryf van toepassing is.

Meer oor:  Business Partners  |  Loopbane  |  Bemarking  |  Beroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.