Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Christo Wiese in hospitaal met Covid-19, maar ‘vorder’

Christo Wiese, wat later vanjaar 80 word, is reeds ’n week in die Mediclinic Panorama naby Kaapstad waar hy vir Covid-19 behandel word.

Christo Wiese, een van die grootste aandeelhouers van Shoprite, het verlede jaar as die kleinhandelreus se voorsitter uitgetree. Hy is wel steeds ’n nie-uitvoerende direkteur. Foto: Edrea du Toit

Volgens Amanda Botha, vriendin en woordvoerder van die familie, gaan dit “baie goed” met hom, hoewel hy soos alle Covid-pasiënte beter en slegter dae beleef. Hulle is optimisties dat hy dié week ontslaan sal word.

Hy was nie aan ’n ventilator gekoppel nie.

Wiese se vrou, Caro (71), het ook Covid-19 onder lede, maar met ligte grieperige simptome. Sy is nie gehospitaliseer nie.

Volgens Botha is dit onmoontlik om te bepaal hoe die egpaar die siekte opgedoen het. Die egpaar het albei sowat drie weke gelede hul eerste Pfizer-inenting gekry.

Botha sê Wiese spreek keer op keer “oneindige bewondering” uit vir die toewyding van die gesondheidswerkers wat hom behandel.

“Hulle doen werklik hul bes. Hy kry baie, baie goeie diens,” sê sy.

Die familie het die volgende boodskap deurgegee: “Ons is baie dankbaar vir vele gebede en het in dié tyd opnuut bewus geword van God se genade en die krag van gebed. Ons dink aan almal wat deur Covid-19 geraak word en bid vir beterskap en vrede vir almal.”

Wiese het self met “baie dankie” gereageer op ’n kort WhatsApp-boodskap om hom beterskap toe te wens.

Die sakereus het die Shoprite-groep (wat onder meer Shoprite en Checkers besit) tot die grootste kleinhandelaar in Afrika opgebou. Hy het ook Pepkor (wat onder meer Pep en Ackermans besit) uitgebou van ’n klein begin tot die klere- en huiswarereus wat dit geword het voordat dit deur Steinhoff uitgekoop is.

Wiese het onlangs ’n skikking met Steinhoff onderteken vir die verliese wat hy gely het toe hy Pepkor aan Steinhoff verkoop het.

LEES OOK: Uitspraak is terugslag vir Steinhoff se skikking

Die Wiese-egpaar het drie kinders, Jacob, Christina en Clare.

Jacob Wiese is ’n direkteur van verskeie ondernemings, insluitend Pepkor, Shoprite, Premier Foods en Tradehold.

Clare Wiese-Wentzel is ’n leefstylspesialis en televisieaanbieder. Sy wou nie self op haar pa se siekte kommentaar lewer nie.

Christina Wiese doen binnenshuise ontwerp.

Wiese word op 10 September 80 jaar oud.

Meer oor:  Pepkor  |  Shoprite  |  Brait  |  Invicta  |  Clare Wiese-Wentzel  |  Christo Wiese  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Sakeleier  |  Maatskappye  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.