Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Clooney se beursie loop oor van tequila
Die akteur George Clooney en sy vrou Amal.

George Clooney, bekend vir sy rol as akteur in rolprente soos die Oceans-reeks, het die afgelope jaar ’n yslike $239 miljoen (voor belasting) verdien.

En nee, dit was nie uit rolprente nie.

Die BBC berig in die jaar tot einde Mei 2018 was dit eerder hardehout, oftewel tequila, wat hom een van die bes betaalde bekendes in die wêreld gemaak het.

Volgens die tydskrif Forbes se jaarlikse lys van hoeveel bekendes verdien, het Clooney ’n groot deel van sy inkomste verdien toe hy en sy twee vriende, Rande Gerber en Mike Meldman, hul maatskappy Casamigos Tequila aan Diageo verkoop het.

Dié transaksie was ’n tamaai $1 miljard werd.

Benewens tequila is Clooney bekend daarvoor dat hy die koffiereus Nespresso verteenwoordig.

Die tien bekendes wat die meeste geld in die jaar tot einde Mei 2018 verdien het is as volg:

  • Floyd Mayweather (bokser): $285 miljoen
  • George Clooney (akteur): $239 miljoen
  • Kylie Jenner (model): $166,5 miljoen
  • Judy Sheindlin (prokureur): $147 miljoen
  • Dwayne (The Rock) Johnson (akteur): $124 miljoen
  • U2 (musiekgroep): $118 miljoen
  • Coldplay (musiekgroep): $115,5 miljoen
  • Lionel Messi (sokkerspeler): $111 miljoen
  • Ed Sheeran (sanger): $110 miljoen
  • Cristiano Ronaldo (sokkerspeler): $108 miljoen.
Meer oor:  George Clooney  |  Tequila  |  Bekendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.