Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Derde van kleinsake sal oorleef as inperking voortsleep

Die meerderheid kleinsakeondernemings glo dat hulle die inperking tot einde April sal oorleef – maar minder as ’n derde gaan die paal haal indien die inperking weer verleng word.

Volgens ’n peiling wat die werkgewersorganisasie Neasa onder klein-, middelslag en mikro-ondernemings (KMMO’s) gedoen het, het 78% nié voldoende kontantvloei om die inperking deur te sien nie. Nietemin reken 69% van hulle hulle sal wel die terugslag te bowe kom.

k

As die inperking egter tot in Mei verleng word, sê 92% hulle het nie genoeg kontant nie en slegs 29,5% is vol vertroue dat hulle die inperking sal oorleef.

Neasa sê honderde van sy lede het aan die peiling deelgeneem. Die inperking kan tot 813 000 mense hul werk kos, maar baie mense sal mettertyd heraangestel word soos ondernemings herstel, sê Neasa.

KMO, kleinsake, onderneming,
Tot 831 000 mense wat by kleinsake werk, kan hul werk verloor, maar ondernemings glo hulle sal mettertyd weer mense aanstel. Foto: Unsplash

Die peiling wys op die gebrek vir kleinsake, met 56% van ondernemings wat by die verskeie private fondse of staatshulp aangeklop het vir hulp om die inperking te oorleef. Teen 13 April het net 4% al gehoor hul aansoek is goedgekeur.

Toe KMMO’s gevra is watter maatreëls hulle sal steun om ekonomiese herstel aan te help, het 34% gesê hulle sal ’n eenmalige omset “Covid-19-herstelheffing” op ondernemings se omset steun en 44% het ’n eenmalige Solidariteitsbelasting van tussen 1% en 2% op persoonlike inkomste van meer as R240 000 per maand steun.

Nog bevindings van die peiling is:

  • 32% ondersteun staatsbesteding om ondernemings en armes te help, selfs al lei dit tot ’n groter begrotingstekort vir die staat en gevolglik hoër belastings.
  • 64% steun die sluiting van verliesmakende staatsondernemings, selfs al sal duisende mense hul werk verloor.
  • 3% ondersteun onmiddellike belastingverhogings.
  • 53% steun groot private-openbare vennootskapsprojekte met staatswaarborge.
  • 48% is ten gunste daarvan dat die regering by die Internasionale Monetêre Fonds en/of Wêreldbank vir lenings aansoek doen, selfs al kom dit met voorwaardes oor beleidshervorming.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.