Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Die beskeie velskoen toer na Amerika

Die Kaapse aanlyn velskoenverspreiders DORP het nou die Amerikaanse mark betree met hul vellie-handelsmerk Veldskoen, met die steun van die bekende Amerikaanse belegger Mark Cuban en sy vennote Angela en Steve Watts.

Veldskoen
“Een vir ’n geel pampoen, twee vir ’n rooi velskoen!”, met apologie aan David Kramer. Veldskoen sê op sy Facebook-blad die Times of London het onlangs berig prins Harry hou ook van hul skoene en is onlangs gewaar in ’n paar soos hierdie een met die rooi veters en rooi sole. Foto: FACEBOOK/VELDSKOEN

Cuban is die eienaar van die Amerikaanse professionele basketbalspan die Dallas Mavericks en mede-aanbiedere van die entrepreneur-realiteitsprogram Shark Tank.

Veldskoen-produkte is reeds amptelik op 13 Maart in San Clemente in Kalifornië bekend gestel, blyk dit uit ’n mediaverklaring wat Veldskoen op dié dag uitgestuur het.

Die deurbraak in die Amerikaanse mark kom nadat Steve Watts, ’n gebore Suid-Afrikaner, saam met sy vrou, Angela, op Shark Tank verskyn het met hul maatskappy Slyde Handboards. Na dié sukses wou die Watts uitbrei met ander outentieke produkte en Steve het sy inspirasie uit unieke Suid-Afrikaanse produkte gaan opdiep en op DORP se Veldskoen afgekom.

DORP se uitbreiding na Amerika volg op sy bekendstelling verlede jaar in Brittanje en Europa. Die veteraan-entrepreneur Brian Joffe het reeds via sy beleggingsmaatskappy Long4Life ’n 49%-belang in DORP.

Hoewel DORP in die Wes-Kaap gesetel is, word die velskoene wat hulle aanlyn versprei, in Durban vervaardig.

DORP is gestig deur Ross Zondagh, Nic Latouf en Nick Dreyer. Dreyer het aan Engineering News gesê hoewel daar aanvanklik met aanlyn verkope begin word, onderhandel hulle met groot kleinhandelgroepe om hul produkte op die winkelrakke te kry. Hul fokus op kleinhandelverspreiding sal op Brittanje, Duitsland, Nederland en Oostenryk wees.

Slegs Suid-Afrikaanse materiale word gebruik om die velskoene te vervaardig. Volgens Dreyer kan hulle tans produseer soveel as wat die vraag is, maar hulle sal oor drie jaar te tyd sowat 200 000 pare velskoene per jaar wil vervaardig.

Die basiese velskoene op die Veldskoen-webruimte word teen R899 per paar geadverteer, met ’n duurder reeks wat teen R1 299 bemark word. Hy het nou ook Chelsea-stewels wat van velskoen-tipe leer gemaak is en wat teen R1 199 geadverteer word.

  • Ter verduideliking, die algemene Afrikaanse benaming vir dié skoene is velskoen, wat verwys na die beesvel waaruit dit gemaak is, hoewel die Suid-Afrikaans-Engelse vertaling van velskoen “veldskoen” geword het.
Meer oor:  Dorp  |  Kleinhandel  |  E-Handel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.