Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Donald Gordon, stigter van Liberty, sterf

Sir Donald Gordon, stigter van die Liberty-groep, is Donderdag op die ouderdom van 89 dood ná 'n lang siekte.

donald gordon
Donald Gordon

Gordon het die Liberty-groep in 1957 gestig en dit uitgebou tot 'n uitgebreide finansiëledienstegroep.

Gordon was soos Allan Gray, stigter van die batebestuursfirma Allan Gray wat ook onlangs dood is, ook 'n groot filantroop en danksy sy ruim skenkings is verskeie beleggings landwyd in onderwys en gesondheid gedoen.

Hy het ook geld bygedra sodat die Universiteit van Pretoria die Gordon Institute of Business Science (Gibs) kon begin.

Die Liberty-groep het in 'n huldeblyk gesê Gordon was 'n visioenêre leier, entrepreneur en filantroop wat 'n geweldige bydrae tot die bedryf en die land gemaak het.

Sy dogter is die gerekende sakevrou Wendy Appelbaum.

Meer oor:  Liberty  |  Donald Gordon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.