Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Egpaar slaan titel Entrepreneur van 2018 los
Motlapele en Samuel Molefi, stigters van Modi Mining, is Sanlam en Business Partners se Entrepreneurs van die Jaar vir 2018.

Mynwese is waarskynlik glad nie ’n sektor wat met entrepreneurskap verbind word nie.

Samuel Molefi, ’n mynbouingenieur en sy vrou Motlapele, het die teendeel bewys.

Hulle is Woensdagoggend in Rosebank, Johannesburg, as Sanlam en Business Partners se Entrepreneurs van die Jaar 2018 aangewys.

Die Molefi’s besit Modi Mining, wat myndienste op ’n kontrakgrondslag aan myne lewer.

Gugu Mjadu, woordvoerder van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, sê Modi Mining het nie net besondere groei getoon nie, maar dit gedoen in ’n sektor wat deur verskeie groot uitdagings in die gesig gestaar word.

“Modi Mining het gemiddelde groei van 30% per jaar getoon sedert sy ontstaan in 2011. Sy netto batewaarde het van minder as R1 miljoen in 2012 tot meer as R80 miljoen in 2017 gegroei,” sê Mjadu.

Samuel sê die sleutel tot die egpaar se sukses is om die sektor en die maatskappy se kliënte goed te verstaan.

“Ons het dit reggekry om so uit te brei omdat ons heeltyd daarna gestreef het om te voldoen aan ons kliënte se vereistes, wat gedurig verander.

“Ons luister heeltyd na die terugvoering van ons kliënte en hou dop hoe die sektor ontwikkel,” sê hy.

Die Molefi’s sê hulle poog om mense wat woon in die gemeenskappe waar die werk gedoen moet word, in diens te neem.

Modi Mining het 420 permanente werknemers.

Die Molefi’s het R200 000 gewen wat hulle kan gebruik om Modi Mining verder te ontwikkel.

Die wenners van verskeie ander kategorieë wen elkeen R70 000.

Hulle sal ook ondersteuning van kenners kry om hul ondernemings te help groei.

Ben Bierman, besturende direkteur van Business Partners, sê gesien die huidige ekonomiese situasie in die land, waar Statistieke Suid-Afrika pas aangekondig het die land is in ’n tegniese resessie, is entrepreneurskap baie belangrik.

“Ons glo ons vennootskap met Sanlam om dié kompetisie die afgelope 30 jaar aan te bied, wys ons ondersteuning vir entrepreneurskap,” sê hy.

Bierman sê hy glo entrepreneurskap gaan, ondanks die ekonomie wat druk, baie belangrik wees om weer die land se ekonomie te laat groei.

Die wenners van die onderskeie kategorieë is:

  • Ontluikende entrepreneur: Louw Barnardt, stigter van Outsourced CFO, wat finansiële dienste lewer;
  • Kleinsake-entrepreneur: Kerry & Craig Motherwell, stigters van Foxolution System Engineering, wat gasaangedrewe kragopwekkers bou en by ondernemings installeer;
  • Mediumgrootte entrepreneur: Pepe Marais en Gareth Leck, stigters van Joe Public, wat mediadienste aan maatskappye lewer;
  • Werkskepper van die jaar: Phillipa Geard, stigter van RecruitMyMom, waar ma’s met kinders die geleentheid kry om werk te kry wat by hul leefstyl te pas; en
  • Innoveerder van die jaar: Muhammad Simjee en Sofiah Docrat, stigters van A2D24, ’n digitale konsultantefirma.
Meer oor:  Sanlam  |  Business Partners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.