Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Entrepreneur van die Jaar: Hier is die finaliste

’n Kortlys van 15 finaliste wedywer vanjaar vir pryse ter waarde van R2 miljoen in een van die land se oudste en grootste kompetisies vir entrepreneurs.

Die 15 finaliste is bedrywig in verskeie sektore landwyd, met die meeste in Gauteng (47%) en die Wes-Kaap (33%). Foto: Unsplash

Dis reeds drie dekades sedert die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, wat deur Sanlam en Business Partners geborg word, die eerste keer gehou is en die talent wat vanjaar deelgeneem het, was indrukwekkend, sê Gugu Mjadu, woordvoerder vir die kompetisie.

“Elke jaar dink ons dat ons nou alles gesien het, maar elke jaar is ons net nog meer beïndruk deur die gehalte van die inskrywings.

“Die 189 inskrywings wat ons vanjaar ontvang het, het werklik die standaard van entrepreneuriese talent gelig.”

Die 15 finaliste is bedrywig in verskeie sektore landwyd, met die meeste in Gauteng (47%) en die Wes-Kaap (33%). Inskrywings is uit alle provinsies ontvang en KwaZulu-Natal (13%) en Noordwes (7%) is ook in die lys van finaliste verteenwoordig.

’n Wye reeks bedrywe, van mynbou en ingenieurswese tot reklame, word verteenwoordig.

Die volgende stap in die onafhanklike beoordelingsproses is om wenners vir die vyf kategorieë asook die algehele wenner aan te wys. Dit word op 5 September gedoen en vanjaar se finaliste sal pryse ter waarde van R2 miljoen losslaan, insluitend R70 000 kontant vir elke kategoriewenner en R200 000 vir die algehele wenner.

Die finaliste vir 2018 se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is:

  • Andrew en Glenn Eriksen – Cango Wildlife Ranch
  • Beverley Gumbi – Isivuno Containers Business
  • Chike en Damaris Igwegbe – Green City Solutions, wat as Mustbuy handel dryf
  • Christina Ester Geldart – Marven Studios
  • Esi-Gifty Agbohla – Eli-Bionatural International
  • James Barrington-Brown – NewSpace Systems
  • Kerry en Craig Motherwell – Foxolution
  • Leboneng Mathebula – Gridbow Engineers
  • Louw Barnardt en Dana Pretorius – Outsourced CFO
  • Muhammed Simjee en Sofiah Docrat – A2D24.com
  • Pepe Marais en Gareth Leck – Joe Public
  • Phillipa Geard – Recruit My Mom
  • Praveshen Naidoo – e-Waste Africa
  • Terence Naidu – Envisionit Stock
  • Tshegofatso Samuel en Motlapele Molefi – Modi Mining
Meer oor:  Sanlam  |  Finaliste  |  Entrepreneur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.