Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Entrepreneurs hoef nie alle hoede te dra nie

Entrepreneurs moet soms baie hoede dra, van uitvoerende hoof, reëndanser, onderhandelaar, verskaffer, huurder, werkgewer ensovoorts, sê Dylan Kohlstädt, hoof van die digitale bemarkingsagentskap ShiftOne.

                                    

Dylan Kohlstädt, hoof van ShiftOne.

Namate ’n onderneming groei, is dit bykans onmoontlik om alles te bestuur. Hier is drie vaardighede wat jy net nie kan namaak nie, en wat jy gerus kan uitkontrakteer, meen sy.

1. Administrasie en finansies

Meer vaartbelynde sakeprosesse en -stelsels behoort oorweeg te word as jy beplan om te groei. Probeer programme soos Asana, Toggl of Slack hiervoor. Haal die stres uit jou boekhouding deur finansiële bestuur oor te gee aan kundiges soos OutsourcedCFO.

2. Bemarking

Dit is dikwels die laaste ding waaraan klein ondernemings geld bestee, hoewel dit die primêre manier is om nuwe sake te lok. Veral ’n digitale bemarkingstrategie is belangrik, dit wil sê die ontwikkeling van ’n doeltreffende webblad met vars inhoud, goeie grafiese ontwerp en wat gebruikersvriendelik is. Kry iemand om jou sosiale media en e-pos as effektiewe bemarkingsmiddel te hanteer.

3. Handelsnaam-bestuur

Vind uit wie jou kliënte is en hoe hulle jou handelsnaam ervaar, dan kan jy begin om ’n handelsnaamstrategie te definieer. Besluit oor jou handelsnaam-identiteit deur kundiges te kry om jou te help definieer hoe jy wil hê jou onderneming moet lyk, klink en voel, en watter benadering jy gaan volg om jou van jou mededingers te onderskei.

Meer oor:  Entrepreneurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.