Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Entrepreneurs: Kry hier hulp
Nuwe entrepreneurs kan nou aanlyn hulp kry hoe om hul ondernemings te bestuur. Foto: Pixabay

Entrepreneurs wat met hul hande in hul hare sit oor wat om volgende met hul onderneming te doen, het nou twee nuwe plekke waar hulle om hulp kan aanklop.

FNB het Donderdag in ’n verklaring gesê hy het kragte saamgespan met Fetola om ’n mentor blitslyn te skep.

Entrepreneurs kan dié blitslyn kontak om onmiddellik antwoorde te kry op vrae wat hulle oor hul ondernemings mag hê.

Fetola is betrokke by die groei van klein ondernemings.

FNB sê daar het reeds meer as 600 entrepreneurs dié blitslyn gekontak. Daar is reeds 185 mentors wat op die platform geregistreer is om hulle by te staan.

“Die blitslyn is ’n gebruiksvriendelike aanlyn platform wat ondersteuning bied aan alle soorte ondernemings in Suid-Afrika – van klein tot gevestigde ondernemings,” sê FNB in die verklaring.

Fetola besit en administreer die blitslyn.

“Toe die staat van inperking aanvanklik ingestel is weens die koronaviruspandemie, het ons gevind dat die meeste entrepreneurs bloot oorweldig is deur die omstandighede waarin hulle hulself skielik bevind het,” sê Heather Lowe, verantwoordelik vir die ontwikkeling van kleinsake by FNB.

“Ons het ook gevind dat baie ervare entrepreneurs en mentors wat nie gedurende die staat van inperking kon werk nie, bereid was om op ’n pro bono-grondslag te help om ander entrepreneurs by te staan.

“Ons het gevind dat ons saam met Fetola en ander vennote kan werk om ’n relevante vorm van hulp aan kleinsake te bied, in ’n tydperk waarin vinnige optrede van kardinale belang was,” sê sy.

Die blitslyn sal tot einde Desember beskikbaar wees op Fetola se webtuiste.

FNB en Fetola sal daarna besluit of hulle dit gaan behou, of moontlik aanpas om in die toekoms steeds hulp aan entrepreneurs te bied.

Skool vir entrepreneurskap

Nog ’n plek waar entrepreneurs om hulp kan aanklop, is by die skool vir entrepreneurskap.

Dié skool is deur Leon Lategan, self ’n entrepreneur en uitvoerende hoof van The Lions Den, geskep.

“Ek moes net iets doen,” sê Lategan in ’n verklaring oor die groot nood wat hy gesien het waar entrepreneurs nie geweet het hoe om met ’n nuwe onderneming te begin nie.

Lategan het reeds, via The Lions Den, meer as 12 500 entrepreneurs bygestaan met hul ondernemings.

Die skool is ’n aanlyn program waar daar op die praktiese aspekte van entrepreneurskap gefokus gaan word.

Die mikpunt is om veral jong entrepreneurs te help om binne 12 maande hul eie onderneming te begin en te bestuur.

Meer inligting oor dié program kan op hul webtuiste gevind word.

Meer oor:  Fnb  |  Entrepreneurs  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.