Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Entrepreneurs woeker tydens inperking op BizPortal

Baie entrepreneurs het hulle nie laat onderkry deur die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande staat van inperking nie.

Baie entrepreneurs wat persoonlike dienste lewer, het gedurende die staat van inperking ’n onderneming geregistreer. Foto: Pixabay

Lauren Deva van FNB Business sê te oordeel aan die drastiese toename die afgelope maande in die getal nuwe ondernemings wat via die staat se BizPortal geregistreer is, is dit duidelik dat die veranderde sakeomgewing talle entrepreneurs nuwe geleenthede laat aangryp het.

Die bizportal.gov.za-platform is in November 2019 deur pres. Cyril Ramaphosa bekend gestel op die tweede beleggingskonferensie wat in Sandton gehou is.

Die stelsel word deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) bedryf.

Luidens die tuisblad van dié platform kan ’n maatskappy selfs ’n domeinnaam registreer as deel van die proses.

Daar kan ook aansoek gedoen word vir sertifikate vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BBEE).

FNB, Standard Bank, Nedbank en Absa is die banke wat aan die stelsel gekoppel is.

Deva sê Woensdag in ’n verklaring toe die portaal aanvanklik geskep is, het FNB gemiddeld sowat 700 registrasies van nuwe ondernemings ontvang wat aansoek doen om bankdienste.

Tussen April en einde Augustus vanjaar was daar sowat 14 000 aansoeke, oftewel gemiddeld 2 800 per maand.

Deva sê die grootste redes waarom mense ondernemings geregistreer het, was om ’n eie onderneming wat persoonlike dienste lewer, te registreer, of om ’n bestaande onderneming te formaliseer sodat die nodige bedryfspermitte bekom word gedurende die staat van inperking.

Die meeste van die aansoeke (44%) was van Gauteng. Dit is gevolg deur KwaZulu-Natal (13%), Mpumalanga (10%) en die Wes-Kaap (9%).

Entrepreneurs wat ondernemings wil registreer, kan dit óf via die staat se BizPortal doen, of hulle kan dit direk via FNB se webtuiste doen.

Meer oor:  Kmo's  |  Entrepreneurs  |  Bizportal  |  Kleinsake  |  Cipc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.