Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Forbes se Afrika-lys van 30 onder 30’s wat uitblink

Die saketydskrif Forbes het Afrika se lys van die voorste 30 onder 30-entrepreneurs vir 2021 aangekondig in ’n spesiale Junie/Julie-uitgawe wat nou op die rakke is.

Onder die 30 is Suid-Afrikaners soos Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am en Kgaogelo Moagi, beter bekend as Master KG.

Dit is die lys se sewende uitgawe van mense onder 30 jaar oud in Afrika wat innoverende entrepreneurs, tegniese foendi’s, sportsterre en invloedryke skeppers is wat in die tyd van die pandemie uitgestyg het.

In vorige jare was mense soos Mr. Eazi, Lloyd Harris, Siya Kolisi, Sho Madjozi, Bruce Diale, Karabo Poppy, Thuso Mbedu, Nomzamo Mbatha, Burna Boy, Nthabiseng Mosia, Davido, Shamim Nabuuma Kaliisa, Nasty C en WizKid op die lys.

Cheslin Kolbe op die veld nadat die Springbokke die Wêreldbeker in 2019 in Japan gewen het. Foto: Reuters

Vanjaar se lys neem ’n historiese wending, want die Covid-19-pandemie het baie ondernemings en handelsmerke nadelig geraak.

Die opstellers van die lys het deur ’n magdom benoemings gesif om kandidate uit te sonder wat vindingryk en veerkragtig is.

“Die Forbes Africa-lys van die 30 onder 30’s is ons gesogste van die jaar, en wat die samestelling vanjaar nog meer uitsonderlik maak, is die veggees van die kandidate wat ’n onstuimige jaar deurgemaak het. Hulle moet vir hul vasberadenheid as leiers vereer word,” sê Renuka Methil, besturende redakteur van die saketydskrif.

Forbes Africa se lys vir vanjaar (in geen spesifieke orde) is:

• Cleo Johnson, Suid-Afrika, stigter en direkteur van Nuecleo

• Timilehin Bello, Nigerië, uitvoerende hoof en stigter van Media Panache

• Lebohang Moeletsi Phadi, Suid-Afrika, uitvoerende hoof van Basadi Logistics

• Sepenica Darko, Ghana, stigter van FarmerTribe Company

• Deborah Mutwemwa, Zambië – Suid-Afrika, stigter en uitvoerende hoof van Tsumbo Scott Incorporated

• Bontle Tshole, Suid-Afrika, uitvoerende hoof en stigter van BAAA Health

• Brian Kakembo, Uganda, stigter en uitvoerende hoof van Weye Clean Energy Co. Ltd

• Hertzy Kabeya, Demokratiese Republiek van die Kongo – Suid-Afrika, stigter en uitvoerende hoof van The Student Hub

• Temidayo Oniosun, Nigerië, stigter van Space in Africa

• Felix Byaruhanga, Uganda, stigter van Skyline Media and Management LTD

• Harrykrishna Niadassen Poonoosamy Padiachy, Mauritius, stigter van NKH Energy

• Shakemore Timburwa, Zimbabwe, stigter van Energy Plus

• Mihlali Ndamase, Suid-Afrika, skepper en digitale beïnvloeder

• Amarachi Nwosu, Nigeriese selfopgeleide visuele kunstenaar, storieverteller en uitvoerende hoof van Melanin Unscripted

• Divine Ikubor (ook bekend as Rema), Nigerië, musikant

• Reinhard Mahalie, Namibië, modestilis en stigter van RM Fashion Styling

• Tendai Kevin Zhou, Zimbabwe, stigter van VP Hostings

• Kabelo Motha (ook bekend as Kabza De Small), Suid-Afrika, vervaardiger en DJ

• Kgaogelo Moagi (ook bekend as Master KG), Suid-Afrika, musiekkunstenaar en -vervaardiger

• Ifan Ifeanyi Michael, Nigerië, kreatiewe kunstenaar en rolprentmaker

• Li-Chi Pan, Suid-Afrika, kunshoof en digitale beïnvloeder, stigter van Li Chi Pan Studios

• Hayze Engola, Malawi, musikant, skepper en stigter van KNQR Investments

• Wale Lawal, Nigerië, stigter en hoofredakteur van The Republic

• Tilka Paljk, Zambië, swemmer

• Lukhanyo Am, Suid-Afrika, rugbyspeler

• James Kang’aru Mwangi, Kenia, stigter en uitvoerende hoof van Epitome School of Chess

• Julio “Beast” Bianchi, Suid-Afrika, E-Speler, Fifa-speler

• Cheslin Kolbe, Suid-Afrika, rugbyspeler

• Thabo Moloi, Suid-Afrika, E-Speler, Fifa-speler

• Antonio Depina, Kaap Verde, stigter, Overseas Basketball Connection, Praia League

Meer oor:  Lukhanyo Am  |  Kgaogelo Moagi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.