Daar is vanjaar vyf Suid-Afrikaners op Forbes se lys dollarmiljardêrs. Die vyf besit altesame $22,1 miljard se bates.

Nicky Oppenheimer, erfgenaam van die Anglo American-stigter, Ernest Oppenheimer.

Johann Rupert, voorsitter van Remgro en Richemont.

Patrice Motsepe, stigter en voorsitter van African Rainbow Minerals. Foto: Getty Images

Koos Bekker, voorsitter van Naspers se direksie. Foto: Lerato Maduna

Michiel le Roux, stigter van Capitec.
Nicky Oppenheimer (75), vanjaar nr. 308 op die lys, is steeds Suid-Afrika se rykste mens volgens Forbes. Hy was verlede jaar nr. 196 op die lys. Sy netto batewaarde is $8 miljard.
Oppenheimer is die kleinseun van Ernest Oppenheimer, wat die mynreus Anglo American gestig het en ’n groot rol gespeel het om De Beers tot die diamantreus wat dit nou is, uit te bou. Ernest, sy seun, Harry, en daarna Nicky was almal op hul tyd voorsitter van De Beers se direksie. Die familie het hul beherende belang in De Beers in 2011 aan Anglo American verkoop.
Johann Rupert (70), voorsitter van Richemont, is vanjaar nr. 358 teenoor verlede jaar se nr. 375. Sy netto batewaarde word op $7,1 miljard geraam.
Koos Bekker (68), voorsitter van Naspers, is nr. 1 008 en het geklim vanaf nr. 1 063 in 2020. Hy is nagenoeg $3 miljard werd.
Patrice Motsepe (59), stigter van African Rainbow Minerals, se rykdom het vanjaar geklim vanaf $1,4 miljard in 2020 tot $2,9 miljard. Hy het boonop vanjaar 449 plekke geklim tot op nr. 1 064.
Michiel le Roux (71), stigter van Capitec Bank, het vanjaar weer die lys gehaal nadat hy dit verlede jaar gemis het. Hy staan op nr. 2 524. Hy is $1,1 miljard werd.